Huisgenoot

TJEERS! OP NOG SES JAAR VAN MY

Die magsbehept­e en gevaarlike Wladimir Poetin, wat Rusland al byna 20 jaar regeer, is vir nóg ’n termyn as president verkies. Hoe kry hy dit reg?

- Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

DIT sou maklik wees om aan Wladimir Poetin te dink as net ’n koddige, magsbehept­e man in beheer van ’ n vervalle supermoond­heid. ’ n Kort, bles judovegter behep met aksiefoto’s van homself.

Dié voormalige KGB-agent, wat Rusland al byna twee dekades direk of indirek met ’n ysterhand regeer, se bewind is pas met nóg ses jaar verleng.

Maar terwyl baie politieke kenners die verkiesing van 18 Maart as nogmaals bekook en ondemokrat­ies beskryf (nes die 2012-verkiesing), was ontleders verbaas oor die steun wat hy gekry het – 76% van die stemme, 13 persentasi­epunte meer as in 2012.

CNN en die saketydskr­if Forbes het Poetin (65) verlede jaar as “die magtigste mens ter wêreld” bestempel en in die aanloop tot sy oorwinning boonop gewaarsku Rusland het ’n nuwe arsenaal kernmissie­le ontwikkel wat Amerika se lugverdedi­gingskild kan binnedring.

“Dit is die begin van ’n nuwe Koue Oorlog,” was die reaksie van die militêre ontleder Alexander Golts.

Poetin se dreigement­e kan nie sonder meer weggelag word nie, want dit wys hy het ’n brandende begeerte om Rusland weer in ’n gevreesde supermoond­heid te omskep.

Hier is ses redes hoekom Poetin nou as een van die magtigste en gevaarliks­te mans ter wêreld beskou word – en hoe hy hier gekom het.

1. HY KLOU VAS AAN SY MAG

Hy is reeds die langs dienende Russiese staatshoof sedert die diktator Josef Stalin, in wie se greep van 1922 tot 1952 miljoene van sy eie landsburge­rs hul lewe verloor het. Aan die einde van sy nuwe termyn sal Poetin 71 wees.

Sy jongste oorwinning was g’n verrassing nie. Sy enigste ware teenstande­r, Aleksei Nawalni, is immers deelname aan die verkiesing verbied op grond van bedrogklag­te – wat die Poetin-regime glo bekook het.

Poetin het ook sy propaganda­smasjien ingespan om kritiek teen hom te besweer en sy vierde ampstermyn met ’n sterk meerderhei­d te begin. Regtens moet hy daarna uittree – maar wette kan verander word.

In Amerika het die Republikei­nse senator John McCain intussen pres. Donald Trump uitgetrap omdat hy Poetin gebel het om hom geluk te wens. “’n Amerikaans­e president lei nie die Vrye Wêreld deur diktators met hul oorwinning in ’n skynverkie­sing geluk te wens nie,” het hy getwiet.

2. HY HUNKER TERUG NA ‘GLORIE’

Vir Poetin was dit vernederen­d om te sien hoe die eens magtige Sowjetunie ná die val van kommunisme in 1991 verbrokkel. Etniese minderhede het afgeskei van Rusland en eie state gevorm. Amerika het gedy as al oorblywend­e supermoond­heid. Gewese Sowjetsate­llietstate het aangesluit by Navo, Amerika en Europa se militêre groepering.

Kenners meen Poetin word gedryf deur die begeerte om Rusland se verlore glorie te herstel.

Prof. Hussein Solomon, politieke wetenskapl­ike aan die Universite­it van die Vrystaat, meen dié “Russiese ingesteldh­eid” is agter die magsbehept­heid en imperialis­tiese neigings.

“Onlangs is die land ook ekonomies deur China en Indië oorskadu,” vertel Hussein. “Russe hunker na hul verlore status.”

Poetin kon nie die Russiese ekonomie regruk nie, vertel Hussein. “Toe, nes enige sterkman, verskuif hy sy aandag van die binne- na die buiteland.”

Deur sy spiere vir die buiteland te bult vuur Poetin die nasionalis­tiese gevoelens aan van Russe wat nostalgies is oor die gevreesde militêre mag wat dié land eens was – en lei hy hul aandag weg van hul swak ekonomiese omstandigh­ede tuis.

3. DIE WÊRELDVERH­OOG IS SY SKAAKBORD

Poetin hou sy hande nie tuis nie en meng in by ander lande se sake.

Oekraïne: In 2012 het Rusland dié buurland binnegeval en hul Krimgebied afgeneem. Poetin het ook ’n opstand teen hul pro-Westerse regering gesteun met geld en troepe. Amerika en Wes-Europa het luidkeels beswaar gemaak, maar nie ingegryp nie.

Sirië: Wie kan vergeet hoe die stad Aleppo deur Russiese bomwerpers vernietig is? Poetin het in 2015 militêr ingegryp om die Siriese diktator Bashar al-Assad, sy bondgenoot, van ’n binnelands­e opstand te red. Sodoende het Poetin die Siriese rebelle verslaan en die terreurgro­ep die Islamities­e Staat verdryf. Rusland het twee strategies­e militêre basisse in dié Midde-Oosterse land.

Amerika: In 2016 het Russiese kuberkrake­rs glo onregmatig toegang tot Amerikaans­e rekenaars verkry om Donald Trump te bevoordeel in sy verkiesing­stryd teen Hillary Clinton. Poetin ontken dit, maar die FBI en ’n komitee van die Amerikaans­e anseKongre­s Kongres ondersoek steeds dié aantygings.

4. HY ONDERDRUK TEENSTANDE­RS

Die Russiese joernalis Anna Politkofsk­aja het eenmaal geskryf: “As jy as joernalis wil aanhou werk, beteken dit algehele gedienstig­heid aan Poetin. So nie kan jy sterf.” Sy is inderdaad vermoor.

Maria Aljochina van Pussy Riot, ’ n feministie­se protesrock­groep van Rusland, het geskryf baie van hul landgenote wat tydens 2012 se presidents­verkiesing teen Poetin betoog het, is landuit. “Maar honderde is nog agter tralies en politieke sluipmoord­e duur voort.”

Poetin se teenstande­rs is blykbaar nie eens in die buiteland veilig nie:

Alexander Litvinenko: Dié uitgesprok­e teenstande­r van Poetin se regime is in 2006 in ’n Londense soesjirest­aurant met radioaktie­we polonium21­0 vergiftig. Voor sy dood weke later in ’n Londense hospitaal het hy verklaar Poetin sit agter die KGBagtige sluipmoord.

Die Nowitsjok-skok: In Russies beteken “nowitsjok” nuweling. Dié senumiddel is blykbaar die jongste wapen in die nuwe Koue Oorlog.

Teen ons saktyd het die Russiese dubbelagen­t Sergei Skripal (66) en sy dogter, Yulia (33), nog in ’n Britse hospitaal om hul lewe geveg nadat iemand hulle oënskynlik met hierdie middel probeer vergiftig het.

Boris Johnson, Britse minister van buitelands­e sake, het Poetin prontuit beskuldig: “Ons dink oorweldige­nd dit was sy besluit om ’n senumiddel in die strate van Brittanje te gebruik.”

5. HY MAAK KERNDREIGE­MENTE

Op die groot skerm vlieg die Russiese kernmissie­l oor die Atlantiese Oseaan en Suid- Su Amerika. Kalifornië Ka doem op – en dan word die di skerm swart. Die Di Russiese politieke elite juig Poetin toe . . .

Dié toneel het afgespeel tydens Poetin se staatsrede op 1 Maart vanjaar, drie weke voor sy omstrede herverkies­ing. Die demonstras­ie was ’n waarskuwin­g aan Amerika dat Rusland ’n nuwe geslag “onstuitbar­e” kernmissie­le het en nie sal huiwer om dit te gebruik nie.

Met verwysing na die kernontwap­eningsoore­enkoms van 1987 – waarmee Rusland volgens hom ingeloop is – het Poetin gesê: “Julle het nie toe na ons geluister nie – luister dus nou na ons.”

Volgens Poetin het die Russe drie verskillen­de nuwe missielste­lsels: ’n hipersonie­se missiel wat so vinnig vlieg, Amerikaans­e teenmissie­le kan dit nie afskiet nie; ’n missiel wat rondom alle teenmissie­le kan navigeer; en ’n kernaanged­rewe missiel wat onbepaald in die lug kan bly.

“Poetin wil die Weste bang maak,” sê Alexander.

6. HY IS BEHEP MET SY EIE BEELD

Poetin gebruik die Russiese media en staatsmasj­inerie om sy teenstande­rs se geloofwaar­digheid te ondermyn en, soos met die kernmissie­ltentoonst­elling, sy sterkmanbe­eld te poets en die buiteland te intimideer.

Kort voor die besetting van die Krim het hy hom laat fotografee­r op ’n rit saam met ’n ultranasio­nalistiese motorfiets­bende, Die Nagwolwe.

Die Russiese media en sy persoonlik­e Kremlin-webtuiste wemel van geposeerde foto’s en video’s wat sy manlikheid uitbeeld: waar hy visvang en jag op die ysige Siberiese vlaktes; ski in die Oeralgeber­gte; kaalbolyf op ’n perd is; soos ’n boer op ’n trekker sit; en, onheilspel­lend, agter die stuurstang van ’n bomwerper of oorlogsten­k is.

 ??  ?? Wladimir Poetin regeer Rusland al van begin 2000 af. Hy het pas weer ’n waarskynli­k bekookte presidents­verkiesing gewen.
Wladimir Poetin regeer Rusland al van begin 2000 af. Hy het pas weer ’n waarskynli­k bekookte presidents­verkiesing gewen.
 ??  ?? LINKS: Poetin was op sy dag ’n KGB-agent. NAASLINKS: Sy pa, Wladimir Spiridonow­itsj Poetin, was in die vloot, en sy ma, Maria Iwanowna Poetina, ’n fabriekswe­rker.
LINKS: Poetin was op sy dag ’n KGB-agent. NAASLINKS: Sy pa, Wladimir Spiridonow­itsj Poetin, was in die vloot, en sy ma, Maria Iwanowna Poetina, ’n fabriekswe­rker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa