Huisgenoot

HERMANN OOR:

-

Afrikaans

“Dis een van net vier tale wat in die 20ste eeu van ’n spreektaal met beperkte status ontwikkel het tot ’n taal wat in alle fasette van die openbare lewe gebruik kan word, insluitend as volwaardig­e wetenskaps­taal. Die ander is Hebreeus, Maleis-Indonesies en Hindi.”

Geskiedskr­ywing

Dit bly vir hom moeilik. “Geskiedskr­ywing lyk dalk maklik, maar dis eintlik ’n geweldig moeilike dissipline wat lang vakleerlin­gskap vereis. Jy moet byvoorbeel­d ook die fyn lyn tussen verduideli­king en regverdigi­ng begryp.”

Tegnologie

Die internet is vir hom in baie opsigte wonderlik. “Dis ook waarom die elite nie meer die selfvertro­ue van ouds het nie; hulle weet hoe vinnig hulle uitgevang kan word,” lag hy.

Hy was baie ingenome toe hy onlangs agterkom ’n mens kan al jou gunsteling­liedjies, soos Koos Kombuis se Lisa Se Klavier en Leonard Cohen se Everybody Knows, op YouTube kry.

Toekomsvre­se

“Ek dink daar’s by leiersfigu­re, wit en swart, ongeag wat hulle ook al sê, ’n selfkorrig­erende meganisme wat hulle laat besef as mense nou werklik aan die baklei sou raak, gaan niemand wen nie en die hele land tot niet wees.

“Jan Smuts het juis destyds al gesê: ‘In Suid-Afrika gebeur die beste of die slegste nooit nie.’ ”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa