Huisgenoot

Bottomless Coffee Band

Dié duo se tweede album maak opslae – en hulle sing vir die eerste keer ook in Afrikaans

- Deur TARRYN JOSEPHS

Liefde met die eerste oogopslag

Lourens en Esté Rabé, die lede van dié rockfolkdu­o, is nie net sangmaats nie; hulle is die afgelope vyf jaar ook huweliksma­ats. Hulle het mekaar in 2010 as studente ontmoet toe albei in die Stellenbos­ch Universite­itskoor gesing het. “Ek het by die koor aangesluit as deel van my opleiding (in drama en klassieke sang) en Lourens wou net graag gaan toer saam met sy vriende wat in die koor was,” spot Esté (27).

Lourens (30) het toe pas sy B.Com. (regte)graad voltooi en beleggings­bestuur begin studeer. Hulle het oor ’n paar koppies koffie besef hulle deel ’n belangstel­ling in bluesmusie­k. ’n Week nadat hulle begin uitgaan het, het hulle die Bottomless Coffee Band gestig. En ná agt jaar is dit steeds aan die brand. Die paartjie kan tussen hulle 12 instrument­e bespeel – van kitaar, trekklavie­r en tromme tot die ukelele – en span al dié instrument­e by hul vertonings in.

Wat’s in ’n naam?

Esté, ’n boorling van Graaff-Reinet, het as dramastude­nt gereeld koffie in die hand op die Matie-kampus rondgestap. Lourens, ’n Kapenaar, is op sy beurt geïnspiree­r deur die koffiekult­uur van die Moederstad se koffiekroe­ë en hoe mense ure lank daarin verlore kan raak. “Toe Lourens eendag van die klas af stap en wonder watter naam kan werk, het Bottomless Coffee Band by hom opgeduik. Vandag verteenwoo­rdig dit ’n atmosfeer wat ons hoop ons

Sing in Afrikaans

musiek kan hê: ’n ruimte waar mense bymekaar kan kom om kreatief te wees,” sê Esté.

Die egpaar woon in die Paarl in die Boland. Ná die sukses van hul Engelse debuutalbu­m, Room with a View (2014), kon hulle nie wag om nuwe musiek op te neem nie. Hul opvolgalbu­m, Anthelia, spog nou met twee Afrikaanse liedjies, Ek Sal Wag en Lig Wat Skyn. “Ons het op die album probeer dat ons sterk punte mekaar aanvul: Lourens se rock-agtergrond en fantasties­e kitaarspel en my klassieke stemopleid­ing,” vertel Esté. “Die woord Anthelia beteken die gawe om engele op aarde te kan sien en ons het dit geïnterpre­teer as die gawe om die mooi in alles en almal om ons te kan raaksien.”

 ??  ?? Esté en Lourens Rabé is ’n getroude paar wat ook sangmaats is in die groep Bottomless Coffee Band.
Esté en Lourens Rabé is ’n getroude paar wat ook sangmaats is in die groep Bottomless Coffee Band.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa