Huisgenoot

Nuut op die rakke

Ware verhale van oorlewing

- Deur ELNA VAN DER MERWE

VROUE VAN ATLANTIS Saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason; foto’s: Izak de Vries (Lapa, R145*)

“Noem die naam Atlantis en jy hoor van werklooshe­id, misdaad, nood in al sy menslike vorme, morele verval en tot baie onlangs ’n haas onuitwisba­re klad op die naam van veral die land se politici.” So skryf Anastasia de Vries in haar voorwoord van dié boek wat gewy word aan die storie se ligkant: “Twaalf vroue wat in 2016 deur die ATKV as fakkeldrae­rs en baanbreker­s in hul gemeenskap vereer is.” Hier is vier van hulle.

SYLVIA LOSPER

“Suster Sonskyn” is Atlantis se eerste geregistre­erde verpleegku­ndige en het al langer as 15 jaar ’n kliniek daar. “Ek moedig altyd jong mense aan om verpleegku­nde te doen. Dit is die beste beroep wat daar is.” Sy is nou 67, nog lank nie reg vir aftree nie, en niemand stap by haar kliniek uit sonder ’n voorskrif “en balsem vir die siel” nie.

SILLENE OPPEL

Sillene verstaan nie hoekom sy as een van Atlantis se baanbreker­svroue gekies is oor haar “gehollery” nie. “Sy is ’n mededingen­de drawwer en fietsryer. Sy het al tien keer die Argus (Kaapstad-fietstoer) gedoen en hope marathons, ook oorsee.” Wanneer sy aftree, wil sy ’n draf-en-stapgroepi­e begin. En ten spyte van die dwelms en misdaad het sy nog nie moed verloor met Atlantis nie.

CHRISSIE CLOETE

Sy is ’n redder van flentersie­le; daarom noem sy haarself ’n “troostanni­e”. Chrissie sal ’n mens wat in maande geen seep of water gesien het nie teen haar bors vastrek. Sy is veral betrokke by die nauurse beskerming van kinders en noem een ding van al die projekte waarby sy betrokke is: “Jy hoor en sien nie mooi verhale nie.”

CAROL MULLER

“Geen woorde kan my passie vir my beroep beskryf nie,” sê Carol. Dié onderwyser­es se “hele menswees” is verander toe sy eendag op die speelterre­in sien hoe ’n meisietjie die korsies van haar toebroodji­e afbreek en op die grond gooi. Toe niemand kyk nie, het haar maatjie dit opgetel en om ’n hoekie gehardloop om dit te verslind.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa