Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, kode en rekeningno­mmer).

FEITE VAN DIE LEWE

Ma: “Jy moet met Jannie praat.” Pa: “Waaroor?” Ma: “Jy weet; oor die bye en die voëltjies.” Pa gaan na Jannie se kamer en vra hom: “Weet jy waar babas vandaan kom?” Jannie: “Ja, pa.” Pa: “Nou ja, dis dieselfde met die bye en voëls.” LEON KRUGER

UITGEDAAG

V: Hoekom verlaat meer vroue as mans die huis?

A: Mans kan nie self hul tas pak nie. JIMMIE BOTHA, WATERVAL-BOVEN

KINDERS BY DOSYNE

Die drie mans sit buite die kraamsaal en wag op nuus oor hul vroue wat daarbinne is.

’n Verpleegst­er kom die eerste man gelukwens. “Dis ’n tweeling,” sê sy.

Hy is in sy skik en roep uit: “O, dis seker omdat ek by Twinsavers werk!”

’n Rukkie later kom die verpleegst­er vir die tweede man sê: “Geluk! Jy het ’n drieling.”

Die ou glimlag breed en sê: “Dis seker omdat ek by Three Ships werk.”

Toe die derde man dit hoor, gaan hy bewend met sy kop in sy hande sit. “Wat makeer?” vra die ander hom. “Ek is nou baie bekommerd,” sê hy; “ek werk vir 7-Eleven!” TIAAN, KAAP

VURIGE AFSKEID

Ansie word so kwaad vir haar man, Stefaans, dat sy sy goed pak en sê hy moet skoert.

Toe hy by die voordeur wil uitstap, gil sy: “Ek hoop jy sterf ’n lang, stadige, pynlike dood!”

Stefaans draai om en sê: “So jy wil eintlik hê ek moet bly?” LITA SCHOON

VIR DIE KLEINSPAN

V: Wat het die luiperd ná ete gesê? A: “Ek het nog ’n leë kol hier iewers.” L. SAAYMAN, SABIE

’N DOP DUISEND

Whisky is ’n briljante uitvindsel. Een dubbel en jy begin weer enkel voel. WOLLIE, PRETORIA

DRINKEBROE­RS

Frikkie gaan kroeg toe en bestel drie doppe. Hy vat ’n sluk van elke dop tot al drie glase leeg is.

“Nou hoekom drie doppe?” vra die ander ouens in die kroeg.

“Ek drink saam met my twee broers; hulle is albei in die buiteland en ek mis hulle,” verduideli­k Frikkie.

So gaan dit maande lank aan – drie doppe op ’n slag en ’n slukkie van elk.

Toe op ’n dag bestel Frikkie net twee doppe. Almal in die kroeg is verbaas en vra wat nou aangaan.

“Ek het ophou drink,” sê hy. WOLLIE, PRETORIA

DILEMMA

Lien sluit by ’n aërobiese-oefeningek­las aan en die instruktri­se raai haar aan om los klere vir die klasse te dra.

“As ek enige lospassend­e klere gehad het,” antwoord Lien, “sou dit nie vir my nodig gewees het om ’n oefenklas by te woon nie!” LOUISE NOETH

LIEFDESNES­SIE

Die ideale huis is groot genoeg vir jou en jou vrou, maar te klein dat skoonma kan kom kuier.

LEWENSREDD­ER

“Hoekom moet ek wiskunde hê as ek vir dokter wil leer?” vra Kosie sy hoërskoolo­nderwyser. “Wiskunde red lewens,” antwoord die onnie. “Hoe so?” vra Kosie. “Want dit hou outjies soos jy uit die mediese skool.” F.H. HORNE, HARTENBOS

LUI, LUIER, LUISTE

Sersant op parade: “Ek het ’n lekker werkie vir die luiste man hier. Sal die luiste man asseblief sy hand opsteek?” Almal steek hul hand op behalwe een rekruut. Sersant: “Hoekom het jy nie jou hand opgesteek nie?” Rekruut: “Te veel moeite.” KASOEPIE

HONDELEWE

Die man en sy vrou kry huweliksbe­rading. “Ek lei ’n hondelewe,” kla die man. “Ja, dit is seker so,” gee sy vrou toe. “Jy kom by die huis aan met modderpote.

“Jy los spore op die skoon vloere, blaf vir niks, brom oor jou kos en maak jou gemaklik op my beste meubels!” HESTER, NAMIBIË

REGTE AANSPORING

Die pasgetroud­e vrou kla by haar ma: “Ek kan Danie net nie sover kry om iets in en om die huis te doen nie.

“Die huis het heelwat aandag nodig, maar hy bly uitstel.”

“My kind,” antwoord die ma, “ná 30 jaar van getroude lewe het ek agtergekom al manier om jou pa te kry om iets te doen is om hom te vertel hy’s te oud daarvoor.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa