Huisgenoot

LETITIA WRIGHT

-

SILWERDOEK­PRINSES

Letitia (24) het in ons hart ingekruip as die Black Panther se superkoel tegnofoend­itienersus­ter, prinses Shuri van Wakanda. Dié karakter maak op 27 April weer ’n draai op die silwerdoek in Avengers: Infinity War. Letitia is ook nou op die grootskerm te sien in Steven Spielberg se wetenskaps­fiksieflie­k Ready Player One. (Lees nog oor die fliek op bl. 49.)

SHURI DIE ROLMODEL

Letitia is dol oor haar Black Panther-karakter, Shuri. “Sy is so ver van die stereotipe­s wat ons heeltyd sien. Sy hou van wetenskap en is superkoel. Ek hoop Shuri moedig baie meisies aan om op skool vakke soos wetenskap, wiskunde en tegnologie te neem.”

HAAR WORTELS

Letitia is in Georgetown, Guyana, ’n land in SuidAmerik­a, gebore en het op sewe Londen toe verhuis. Sy was in die Identity-dramaskool, wat spog met oudstudent­e soos John Boyega (26) van Star Wars-faam.

INSPIRASIE

Die dramafliek Akeelah and the Bee (2006) het haar geïnspiree­r om toneel te speel, vertel sy. Dié fliek draai om ’n 11-jarige meisie wat aan spelkompet­isies deelneem. Min het Letitia toe geweet Angela Bassett (59), wat Akeelah se ma speel, gaan eendag ook haar ma in Black Panther wees!

VEGTER

Sy was op 20 in die greep van depressie en moes noodgedwon­ge ’n blaaskans neem van haar werk. Haar verhouding met God het haar deurgedra, vertel sy.

RAPKONINGI­N

Sy en haar medesterre in Black Panther het gereeld mekaar aangevat om te kyk wie die beste rapper is. “Danai (Gurira) het baie probeer, maar sy het sleg misluk. Ek is steeds die koningin van rap in Wakanda.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa