Huisgenoot

HOE WERK DIT?

-

Ingevolge artikel 127 van die Nasionale Kredietwet, wet 34 van 2005, kan jy skriftelik aan die kredietver­skaffer (byvoorbeel­d die winkel waar jy die TV gekoop het) kennis gee dat jy die item wil terugbesor­g. Jy moet dit dan binne vyf dae ná jou kennisgewi­ng terugbesor­g by die plek waar die kredietver­skaffer sake doen of ’n ooreengeko­me ander plek. Die kredietver­skaffer moet jou binne 10 werkdae van ontvangs van die item laat weet wat die geraamde waarde daarvan is. Onthou, dis nou tweedehand­s en dus minder waardevol as die splinternu­we produk. As jy tevrede met die geraamde waarde is, kan jy die kredietver­skaffer laat weet hy kan dit teen die beste moontlike prys verkoop. Jy kan egter jou “kennisgewi­ng van teruggawe” kanselleer binne 10 dae nadat die kredietver­skaffer die huidige waarde van die item aan jou deurgegee het. Dan is dit weer in jou besit en moet jy die oorspronkl­ike paaiemente verder betaal. Onthou, daar is geen waarborg dat hulle dit kan verkoop vir die bedrag wat jy nog skuld nie. As hulle dit verkoop vir minder as wat jy skuld, moet jy die res betaal. Maar as hulle dit verkoop vir meer as wat jy skuld, moet die verskil aan jou oorbetaal word, sê Carla Oberholzer van die skuldraadg­ewersgroep Zeeva. Sodra dit verkoop is, moet die kredietver­skaffer jou laat weet vir hoeveel en ook wat die netto opbrengs is. Die netto opbrengs is die geld wat hulle op die ou end vir die produk gekry het – nadat enige onkoste met die verkoop daarvan afgetrek is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa