Huisgenoot

VERLORE PA WIL TERUGKOM

-

VMy dogtertjie van vier jaar het nog nooit haar pa gesien nie. Ons praat ook nie oor hom nie, want my broer is vir haar soos ’n pa. Haar eie pa het ons voor haar geboorte gelos. Ek was nie met hom getroud nie.

Onlangs het ek ’n e-pos van hom gekry waarin hy skryf hy wil nou deel van haar lewe wees. Ek dink nie hy sal sy beloftes nakom nie. Hy betaal nie onderhoud nie. Ons lewe is nou rustig. Moet ek hom in ons lewe toelaat?

AP op KS

A Jou gevoel is reg om ná so ’n groot vertrouens­breuk en jou eks se lang afwesighei­d hom nie ná ’n enkele versoek kitstoegan­g tot jul kind te gee nie. Dit is goed dat jy aan die toekoms dink en haar gevoelens wil beskerm.

Praatjies vul geen gaatjies nie. Ter wille van jul kind se emosionele en finansiële behoeftes in die toekoms sal jy hom egter kans moet gee om te wys of hy ’n verantwoor­delike ouer kan wees.

As jy onseker is of sy optrede volhoubaar is, laat hom eers sy erns hiermee bewys. Stuur vir hom ’n e-pos en vra hy moet jou ontmoet sodat julle oor ’n ouerskapsp­lan kan gesels.

Hy sal dus moet instem om saam met jou die bal aan die rol te sit vir ’n bemiddelin­gsproses. Julle sal saam ’n bemiddelaa­r moet spreek vir leiding oor hoe om ’n plan oor onderhoud vir en toesig oor jul kind op te stel. Die hof moet dan dié plan bekragtig om dit geldig te maak.

In die onderhande­lings sal jy ook om onderhoud vir jou kind moet aansoek doen. Berei jou daarop voor deur nou reeds jou uitgawes vir jou kind se versorging aan te teken. Hou solank koopstroki­es en kwitansies. Berei jou kind voor op haar pa se toetrede tot jul lewe, maar wag tot die plan bekragtig is voor jy met haar daaroor gesels. Moet geen verwagting­s skep nie.

Bel die Kaapse Familiebem­iddelaarsv­ereniging (Family Mediators Associatio­n of the Cape, Famac) by 021-881-6176 om ’n bemiddelaa­r in jou omgewing te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa