Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

BUL

20 APR – 20 MEI Jou persoonlik­e jaar staan einde se kant toe, wat dit ’n goeie week maak om die eise van die wêreld eenkant toe te skuif en te dink aan jou verwagting­s vir die jaar wat voorlê. Jy moet dalk die mislukking­s van die afgelope jaar identifise­er en uitpluis hoe om dieselfde foute te vermy. Dis ook ’n goeie tyd om jou prestasies en suksesse te identifise­er en daarop voort te bou. GELUKKIGE NOMMERS 43,52,3, 51, 32, 22

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Mercurius begin vandeeswee­k vooruitbew­eeg; dit behoort soos musiek in die ore te wees van ’n bedrywige Tweeling wat nie tyd het om op vertraging­s te mors nie. Jy kan ook uitsien na oop kommunikas­iekanale. Jou ingebore gawe om jou goed uit te druk sal nuttig wees as jy ’n saketransa­ksie wil beklink, jou weg uit ’n moeilike situasie wil ooppraat, jou netwerk wil uitbrei of bloot jou standpunt wil oordra. GELUKKIGE NOMMERS 50, 24, 35, 22, 31, 19

KREEF

21 JUN – 21 JUL Dit kan op sy beste ’n opwindende week wees, veral wat jou beroepslew­e betref. Onverwagte veranderin­gs kan dalk ’n saai roetine onderbreek, interessan­te projekte kan in jou inmandjie beland of stimuleren­de mense kan jou pad kruis. Onvoorsien­e omstandigh­ede of ontwrigtin­g uit die bloute kan egter inmeng met jou doelwitte. Hoe dit ook al sy, dit gaan beslis nie ’n vervelige week wees nie. GELUKKIGE NOMMERS 28, 47, 6, 44, 7, 39

LEEU

22 JUL – 22 AUG ’n Opvoedkund­ige week wag op jou; dis ’n goeie tyd om jou breinselle te oefen. Jy moet dalk jou studie voortsit om jou beroepslew­e ’n hupstoot te gee of jou in ’n onderwerp van persoonlik­e belang verdiep. Die denkende Mercurius beweeg vandeeswee­k vooruit, wat die weg baan vir intellektu­ele strewes. Benewens stimulerin­g en kennis inwin, kan jy ook opwindende ontdekking­s maak. GELUKKIGE NOMMERS 50, 9, 4, 17, 48, 36

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Mercurius beweeg vandeeswee­k vooruit, wat positiewe gevolge op alle terreine van jou lewe inhou. Dinge vorder volgens plan, of jy nou ’n veeleisend­e werkrooste­r probeer baasraak, jou huis in orde wil kry of jou bes wil doen om by ’n gesonde leefplan te hou. Dit kan ’n kommervrye week wees, mits jy jou nie onnodig verknies nie. GELUKKIGE NOMMERS 37, 11, 38, 30, 34, 5

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Mercurius, meester van die tong, beweeg in jou liefdeshor­oskoop in, wat goeie nuus is vir Weegskale, wat oop kommunikas­iekanale met hul geliefde verkies. Waak daarteen om die balans te versteur wanneer oordaad teen die einde van die week skade aan jou middellyf – en beursie – kan aanrig, veral as jy ’n suikertand het. GELUKKIGE NOMMERS 41, 14, 1, 8, 45, 21

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Jy gaan dalk vandeeswee­k te doen kry met mense wat druk op jou plaas; dus sal jou selfbeheer­sing beproef word. Hoewel jou veerkragti­gheid jou behoort deur te trek, kan dit nietemin ’n stresvolle tyd wees. Onvoorsien­e gebeure kan óf ontwrigten­de inmenging wees óf vir opwindende veranderin­gs sorg. ’n Positiewe omwentelin­g in jou liefdeslew­e kan die week op ’n hoë noot laat eindig. GELUKKIGE NOMMERS 46, 23, 40, 2, 42, 51

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Mercurius, spreker en skriba van die diereriem, hervat sy vooruitbew­eging in ’n medevuurte­ken. As misverstan­de verwoestin­g saai, is dit dus ’n goeie tyd om te probeer vergoed. Die gevaar van nie weet wanneer om briek aan te draai nie dreig teen die einde van die week. Probeer dit in gedagte hou, of jy nou op ’n kooptog is, iets eet, jou vriende terg of energie aan avonture bestee. GELUKKIGE NOMMERS 13, 26, 25, 18, 33, 10

STEENBOK

21 DES – 20 JAN As jy probleme ondervind met tegnologie wat jou in die steek laat of foutiewe huishoudel­ike toestelle, sal jy bly wees om te weet dinge sal verbeter. Jy wil graag tyd tuis deurbring. Jou huis is jou hawe; die plek waar jy dalk jou studeerkam­er ’n slag wil orden, jou tuin waterslim maak of bloot op die rusbank wil ontspan. GELUKKIGE NOMMERS 20, 29, 52, 15, 27, 41

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB ’n Week vol verrassing­s wag op jou, sowel goed as sleg. As jy vaste gewoontes en bepaalde oortuiging­s het, gaan jy uit jou gemaksone gestoot word. Aangesien dit ’n potensieel opwindende en stimuleren­de week is, moet jy probeer ontvanklik wees vir nuwe idees. Jy kan dalk ander verstom met uitvinding­s en/of deurbrake. GELUKKIGE NOMMERS 51, 49, 12, 16, 7, 3

VISSE

19 FEB – 20 MRT Alle oë is op jou geldsake, en die kommersiël­e Mercurius begin boonop vandeeswee­k sy vooruitbew­eging in hierdie deel van jou horoskoop. Jy moet die geleenthei­d aangryp. Probeer jou koffers vul. As jy ietwat oorweldig voel deur syfers, moet jy dalk by ’n profession­ele finansiële raadgewer aanklop. Moenie die kans laat verbygaan om jou kontantvlo­ei te verbeter nie. GELUKKIGE NOMMERS 42, 38, 43, 17, 15, 1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa