Huisgenoot

SPOTTERY OOR PRIVAAT BOODSKAP

-

Ek word gespot oor ’n privaat boodskap wat ek verlede jaar op WhatsApp vir my kêrel gestuur het. Hy het dit, sonder my medewete, op ’n groep gedeel waarop van my ou skoolmaats is. Ek het hom daaroor konfrontee­r, maar hy ontken alles. Ek is bang hy doen dit weer.

ME op KE

Gesiglose teisteraar­s dink dit is aanvaarbaa­r om alles te deel wat reeds in die sosiale media is. Hulle regverdig dit met verskoning­s soos dat jy dit eerste geplaas het. Dit kan jou hulpeloos laat voel.

Aanlyn teistering is ’n vorm van emosionele geweld wat ál meer plaasvind en baie mense raak.

Maar daar is hoop as jy kans sien om regstappe te neem. In die Wet op Beskerming teen Teistering (WBT) word teistering omskryf as direkte of indirekte gedrag wat leed veroorsaak vir die slagoffer deur verbale, elektronie­se of enige ander kommunikas­ie.

Die WBT maak daarvoor voorsienin­g dat landdrosho­we ’n beskerming­s bevel kan uitreik. Daarvoor moet jy vorms by die klerk van die hof voltooi.

’n Landdros sal dan die saak oorweeg en kan ’n bevel teen die oortreder uitreik.

Indien die oortreder onbekend is, kan die hof elektronie­se diensversk­affers beveel om volle besonderhe­de oor so ’n persoon te verskaf. Die hof kan ook die polisie opdrag gee om die teistering te ondersoek sodat die oortreder geïdentifi­seer kan word.

Probeer ’n skermgreep van die beledigend­e aanmerking­s neem. Stel in elk geval die sosialemed­ia-diensversk­affer van die teistering in kennis en vra dat hulle teen die oortreder optree en die beledigend­e aanmerking­s verwyder word.

Wat jou kêrel betref, moet jy jouself afvra: As jy hom nie met ’n persoonlik­e boodskap kan vertrou nie, kan jy hom met jou hart vertrou? As jy besluit om met die verhouding voort te gaan, moet jy in die toekoms baie versigtig wees wat jy in boodskappe sê.

‘Aanlyn teistering is ’n vorm van emosionele geweld . . . maar daar is hoop as jy kans sien om regstappe te neem’ – ELIZE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa