Huisgenoot

MY MAN BY SEKSWERKER BETRAP

-

Ek is een nag in die oggendure laat weet my man is in hegtenis geneem omdat hy seks met ’n sekswerker wou hê en toe deur die polisie betrap is. Hy het vir my gejok en my vertel hy werk die aand laat.

Ek het die papierwerk by die polisiekan­toor gaan doen en hy het die volgende dag huis toe gekom. Hy beloof my dat dit die eerste en enigste keer was. Dit het vier maande gelede gebeur, maar dit is steeds vir my moeilik om hom te vergewe en daarvan te vergeet. Ek is nie die soort wat skei nie en hy wil ook nie. Hy is skaam hieroor. Wat kan ons doen om ons huwelik te red? Ek het nog altyd geglo ons het ’n gesonde huwelik.

KL op AU

Al ontken jou man dat hy al ooit onbeskermd­e seks met iemand anders gehad het, moet jy steeds daarop aandring dat julle albei so gou moontlik by ’n kliniek vir seksueel oordraagba­re siektes getoets word en as dit nodig is ook daarvoor behandel word.

Hoe maak ’n mens sin uit so ’n situasie sodat julle met jul huwelik kan voortgaan?

Jy sal dit nie op jou eie kan regkry nie; julle sal as ’n paartjie vir berading moet gaan.

’n Toekoms saam is net moontlik as daar volkome eerlikheid en begrip tussen julle is.

Gesprekke tussen julle met ’n berader se leiding kan hiermee help.

Hy moet ook bewys hy is jammer deur jou elke dag oor sy bewegings ingelig te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa