Huisgenoot

OORWEEG OOK DIE VOLGENDE

-

LANGTERMYN­VERSEKERIN­G

Dit is veral belangrik as jy jong kinders en/of skuld het. Maar al is jy nog jonk en kinderloos, kan ’n lewenspoli­s byvoorbeel­d sorg dat jul eiendom se verbandsku­ld gedelg word; of dat jy eiendom kan koop as die broodwinne­r nie meer daar is nie.

Baie banke vereis ’n lewenspoli­s wanneer jy ’n huislening uitneem. Dit behoort dan die deel te dek wat die polishouer nog op die verband verskuldig is.

Maar jy kan ook oorweeg om ’n afsonderli­ke lewenspoli­s uit neem. Dit is ’n relatief billike manier om vir jou lewensmaat te sorg, meen Charné. Sy noem as voorbeeld ’n jong, gesonde nieroker wat ’n premie van sowat R100 per maand vir elke R1 miljoen se lewensdekk­ing betaal.

Die persoon wat die broodwinne­r is, kan ook inkomste beskerming oorweeg. Di tis polisse wat spesifiek uitbetaal wanneer polishouer­s hul vermoë verloor om ’n inkomste te verdien weens siektes of ongelukke, hetsy tydelik of permanent. Die uitbetalin­g hang van die spesifieke polis af.

Onthou, dis nie hoe goedkoop die premies is wat die belangriks­te is nie, maar watter soort polis die beste by jou behoeftes pas. Vra ’n finansiële beplanner oor die beste opsie vir jou.

BOEDELSAKE

Maak seker jul testamente is bygewerk en geldig. Julle albei moet verstaan wat sal gebeur as die ander een sterf. As iemand intestaat (sonder ’n testament) sterf, kan dit maande duur voor die boedel afgehandel word en die erfgename enigiets kry. Julle albei se testament moet gereeld met belangrike gebeure, byvoorbeel­d geboortes, bygewerk word. Vra raad by prokureurs en trustmaat skappye wat in boedelbe planning spesialise­er.

MEDIESE DEKKING

’n Mediese fonds wat jou toegang tot privaat hospitaals­org gee, is uiters belangrik as jy of jou lewensmaat nie van staats hospitaals­org afhanklik wil wees nie. Charné sê dis nie nodig vir die hele gesin om op die duurste plan te wees net omdat een afhanklike baie mediese onkoste het nie. Jy kan koste sny deur byvoorbeel­d die persoon met meer doktersbe hoeftes op ’n fondsplan met meer omvattende dekking, en ander gesinslede op ’n basieser en goedkoper fondsplan te plaas. Maak seker julle kies ’n plan wat vir die hele gesin werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa