Huisgenoot

MARIAH SE JARE LANGE WIPWARIT

Lank het sy nie geweet wat haar makeer nie, maar toe bipolêre gemoedsteu­ring eindelik by haar gediagnose­er word, het dit lank geduur voor sy dit kon aanvaar

-

DEKADES lank het Maria Mariah Carey die beeld van ’n vurige, oordadige diva voorgehou. Of sy nou regstreeks op TV met Nicki Minaj ’n vete gevoer het of ’ ’n woedeuitba­rsting op die verhoo verhoog gehad het, dit het gelyk asof die drama Mariah oral agtervolg. Maar nou het die suksesvoll­e popster – wat al 200 miljoen albums verkoop het – in ’n eksklusiew­e onderhoud met die tydskrif People onthul sy het al die jare in die geheim met ’n geestestoe­stand geworstel. In die openhartig­e onderhoud vertel Mariah bipolarite­it II is in 2001 by haar gediagnose­er nadat sy ineenge- stort en in die hospitaal beland het. Nadat sy genoegsaam herstel het om in 2002 reklame te maak vir haar album Charmbrace­let, wou haar platemaats­kappy hê sy moes oor haar toestand en “terugkeer” praat. “Almal wou hê ek moes sê: ‘Kom ons ervaar weer daardie oomblik, kom ons sit en huil saam met Oprah, kom ons ervaar tranerige Ek-het-dit-oorwin-oomblikke,’ ” vertel sy. Maar in werklikhei­d het sy toe nog skaars begin om die skok van haar diagnose te verwerk. “Ek wou dit net nie glo nie,” erken sy nou. Haar jongste onthulling het Mariah se broer, Morgan Carey, glad nie verbaas nie. Hy het in 2015 aan National Enquirer gesê hy verkwalik hul ma, Pat Carey, vir die emosionele wipwarit van Mariah se lewe. “Sy het die weg berei vir Mariah se onvermoë om ’n gesonde, eerlike verhouding met ’n man te hê weens hierdie hele fiksasie om ’n diva te wees,” het hy vertel. Volgens Morgan het hul ma, ’n gewese operasange­res, haar kinders in ’n atmosfeer van “vrees, verlating en oneerlikhe­id” grootgemaa­k nadat hul pa, Alfred Carey, hulle gelos het toe Mariah drie was. Mariah het erken sy het eers gedink sy ly aan ’n ernstige slaapsteur­ing. “Maar dit was nie normale slaaploosh­eid nie en ek het nie wakker gelê en skape tel nie. Ek het gewerk en gewerk en gewerk. Ek was prikkelbaa­r en gedurig bevrees ek laat mense in die steek. Ek het ’n soort manie ervaar. “Later het ek net ’n muur getref. My depressiew­e episodes is gekenmerk deur baie min energie. Ek het dan baie eensaam en hartseer gevoel – selfs skuldig dat ek nie doen wat ek vir my loopbaan moes doen nie.” Nadat sy amper twee dekades lank met bipolêre gemoedsteu­ring saamgeleef het, het sy besluit om die sluier daaroor te lig. “Die las is te swaar om te dra,” het sy in die onderhoud verduideli­k. “Dit gaan nou goed met my; ek voel gemaklik daarmee om my stryd met die steuring te bespreek. Dit kan jou verskrikli­k afsonder. Maar ek weier om toe te laat dat dit bepaal wie ek is of my beheer,” het sy vertel. Sy is terug in die ateljee en werk aan ’n album wat later vanjaar uitgereik word. Mariah kry terapie en gebruik medikasie vir haar toestand, wat episodes van depressie en hipomanie, oftewel ’n gebrek aan energie, behels. BRONNE: PEOPLE.COM, RADAONLINE.COM, BUZZFEED.COM

‘Die las is te swaar om alleen te dra’

 ??  ??
 ??  ?? Mariah, Mari haar eksman Nick Cannon (37) en tweeling, twee Moroccan en Monroe Mon (7).
Mariah, Mari haar eksman Nick Cannon (37) en tweeling, twee Moroccan en Monroe Mon (7).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa