Huisgenoot

HOENDER-EN-BLOMKOOLRI­SOTTO

-

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10-15 min. Gaarmaak: 35-40 min.

BOTTERSKOR­SIE

500 g botterskor­sie,

in klein blokkies gesny 15 ml (1 e) olyfolie sout en peper

RISOTTO

15 ml (1 e) botter 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 4 hoenderbor­sfilette,

in skyfies gesny 2 blomkole, fyngepols

in ’n voedselver­werker 250 ml (1 k) room ’n hand vol spinasie, stronke uitgesny en gesnipper 125 ml (½ k) gerasperde harde Italiaanse kaas 1 suurlemoen se fyngeraspe­rde skil en 15 ml (1 e) sap

VIR VOORSIT

nog harde Italiaanse

kaas (opsioneel) suurlemoen­wiggies

(opsioneel) Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 1 Botterskor­sie Versprei die botterskor­sie op die bakplaat. Drup die olie oor en geur met die sout en peper. Meng alles

goed deur die botterskor­sie; rooster 20 min. in die verhitte oond of tot gaar.

2 RisottoVer­hit die botter in ’n diep pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die hoender by en roerbraai tot gaar.

3 Voeg die blomkole en room by, verlaag die hitte en voeg die spinasie by. Meng alles goed en sit ’n deksel op die pan. Stoom 5 min. of tot die spinasie verwelk het.

4 Roer die botterskor­sie, kaas, suurlemoen­skil en -sap deur. Geur die risotto na smaak met sout en vars gemaalde peper.

5 Vir voorsit Sit voor saam met nog gerasperde kaas en suurlemoen­wiggies, in

dien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa