Huisgenoot

THAISE OONDHOENDE­R MET NOEDELS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 45-50 min.

1 heel hoender 250 ml (1 k) hoenderaft­reksel

SMEERSEL

15 ml (1 e) Thaise rooikerrie­pasta 30 ml (2 e) mayonnaise 15 ml (1 e) sagte botter

NOEDELS

340 g eiernoedel­s 15 ml (1 e) olie 1 ui, in skyfies gesny 5 cm vars gemmer, geskil en in vuurhoutji­es gesny 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 2,55 ml (½1 t) brandrissi­evlokkies 4 stingeluie, gekap ’n hand vol boontjiesp­ruite 125 g peulertjie­s, in die lengte gehalveer ’n hand vol vars koljanderb­lare, geskeur ’n skeut lemmetjies­ap 100 g grondboont­jies of kasjoeneut­e, grof gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Hou ’n diep oondpan en ’n vel foelie byderhand.

1 Knip die ruggraat van die hoender uit met ’n vleisskêr. Druk die hoender met die palm van jou hand sodat die borsbeen kraak en die hoender plat is.

2 Giet die hoenderaft­reksel in die oondbak. 3 Smeersel Meng alles goed en smeer ruimskoots oral oor die hoender. Sit die hoender in die af treksel met die velkant na bo.

4 Bedek die bak met foelie en rooster 30 min. in die verhitte oond. Haal die foelie af en rooster nog 1520 min. of tot die hoender gaar is.

5 Noedels Maak die noedels gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer goed en hou eenkant.

6 Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui, gemmer en knoffel tot sag en geurig. Plaas die noedels en die res van die bestanddel­e in die pan en meng goed deur. Braai 1 min. tot die noedels warm is. Haal van die hitte af.

7 Sny die hoender in porsies op en sit voor saammet die noedels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa