Huisgenoot

Liefde blom vir vorige boere

-

Kyk net hoe goed gaan dit met van die boere wat in vorige Boer Soek ’n Vrou-seisoene liefde gesoek het.

Gerrie en Carna Rossouw, ’n gewilde paartjie in die sewende seisoen, se babadogter, Sanri, het onlangs sewe maande oud geword. “Ons ou lagbekkie,” het Carna by ’n foto van die kleinding op Instagram geskryf.

Verlede jaar het ons gesien hoe Helene Retief boer Adriaan Geldenhuys se hart steel. Dié stadsjapie van Durbanvill­e, Kaapstad, gaan nog gereeld by hom op sy plaas by Riversdal kuier.

Boer Hennie Lötter het onlangs ’n foto van hom en vroulief Jacobu op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Bestie.” Hulle het in 2016 agter die skerms liefde gevind toe hulle mekaar op die negende seisoen se reünie ontmoet. Verlede jaar het hulle op Hennie se familiepla­as naby Willowmore afgehaak.

Al het Carl Möller, ’n veeboer van Carnavon in die Noord-Kaap, vergeefs op die kassie vrou gesoek, het hy toe met ’n ompad liefde gevind. Hy en Danél Saayman, ’n onderwyser­es van Vredendal wat ook in die 10de seisoen te sien was, is die afgelope ses maande ’n paartjie. Danél het aanvanklik vir boer Jacques Vlok geskryf, maar hy het haar toe nie gekies nie. Ná die seisoen se einde het haar pad met Carl s’n gekruis en nou kuier hulle elke tweede naweek oor en weer.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Gerrie en Carna Rossouw, wat in die Bothaville-distrik in die Vrystaat boer, sê hul dogtertjie, Sanri, is hul “grootste geskenk”. REGS: Sanri het onlangs sewe maande oud geword.
BO: Gerrie en Carna Rossouw, wat in die Bothaville-distrik in die Vrystaat boer, sê hul dogtertjie, Sanri, is hul “grootste geskenk”. REGS: Sanri het onlangs sewe maande oud geword.
 ??  ?? BO: Die liefde blom vir boer Adriaan Geldenhuys en Helene Retief.
BO: Die liefde blom vir boer Adriaan Geldenhuys en Helene Retief.
 ??  ?? LINKS: Boer Carl Möller en Danél Saayman het liefde weg van die TV-kameras gevind. REGS: Hennie Lötter beskryf sy vrou, Jacobu, as sy beste maat.
LINKS: Boer Carl Möller en Danél Saayman het liefde weg van die TV-kameras gevind. REGS: Hennie Lötter beskryf sy vrou, Jacobu, as sy beste maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa