Huisgenoot

Tragiese einde van belowende aktrise

Die aktrise Bronwyn van Graan het haar doodgebloe­i tydens ’n kort swangerska­p. Haar geliefdes vertel van hul tragiese verlies

- Deur COLIN HENDRICKS

OP HAAR ouers se eetkamerta­fel pryk ’ n groot foto van die pragtige jong vrou wie se grootste begeerte was om tog net haar eie baba in haar arms te hou. Maar die ruiker van pienk en wit blomme langs die foto is ’n pynlike herinnerin­g daaraan dat sy nie meer daar is nie. Haar droom om die lewe te skenk het haar eie lewe gekos.

Die talentvoll­e aktrise Bronwyn van Graan se dood in die Paasnaweek het mense oor die land heen geruk. Vandag praat haar gebroke ouers vir die eerste keer oor die hartseer oorsaak van hul dogter se onverwagte dood.

Bronwyn was nie siek nie. Ook was sy nie in ’n ongeluk nie. Sy het doodgebloe­i weens ’ n inwendige skeuring tydens ’n buisswange­rskap.

Die nuwe lewe wat haar eerste kind sou wees, het haar dood beteken.

“Jy as ouer verwag nie om eendag jou kind te begrawe nie. Dit moet andersom wees,” sê haar ma, Felicia (66), in die huis in Bellville waar die aktrise ’n deel van haar grootwordj­are deurgebrin­g het.

“Sy sou volgende maand weer Kaap toe getrek het,” vertel haar pa, Terry (65), ’n afgetrede bestuurder by ’n gasfirma.

Bronwyn se man van twee jaar, Grant Spreadbury (37), is te gebroke om oor sy verlies te praat en is vandag by sy ouers in die Overberg. Hy bly nou alleen agter om die woonstel in Randburg op te pak waarin hulle agt jaar gewoon het.

“Hulle sou by sy ouers op Swellendam ingetrek het,” sê die saggeaarde Felicia, ’n afgetrede administra­tiewe klerk.

Bronwyn (39) was veral bekend vir die 7de Laan-rol wat sy in Augustus verlede jaar vertolk het. Sy was die maatskapli­ke werker wat met klein Karmen (Gabriella Linton) se ontvoering moes besluit of Xander (Theodore Jantjies) en Vanessa (Ingrid Paulus) geskikte ouers vir haar is.

Sy was ook te sien in die dramareeks Swartwater en het ’n klein rol in die BBCreeks Holby City vertolk.

Haar lang teaterloop­baan het optredes in produksies soos Land van Skedels, Betésda, Lot, Coming Home, For Your Eyes Only en Shirley, Goodness and Mercy ingesluit. Vir laasgenoem­de is sy in 2007 met ’n Naledi-teaterprys vereer.

Tussendeur het sy radiowerk gedoen en op 27 Maart by die radiostasi­e SAfm in Johannesbu­rg haar laaste dialoog vir die drama Radio Vuka opgeneem.

Die Saterdag van haar dood sou sy haar laaste episode van RSG se radiosepie Bure opgeneem het. Sy was besig om haar werk in Johannesbu­rg af te handel en was reg vir die lewe in die Kaap.

Maar toe Grant haar die Saterdagog­gendbel oggend bel, het sy nie geantwoord geantwoord­nie nie. Hy werk as platejoggi­e by geleenthed­e en het daardie week by Bronwyn se ouers in Bellville gebly vir ’n optrede in Athlone.

Bronwyn en hul Amerikaans­e veghond, Manny, was alleen by die woonstel. Grant het bekommerd geraak toe hy haar nie in die hande kry nie en ’n vriend gevra om te gaan kyk of sy oukei is.

“Ons was die oggend in die kerk, toe bel ’n familielid en sê ons moet huis toe kom,” sê Terry. “Oor die telefoon is net vir ons gesê Bronwyn het geval. Toe ons by die huis kom, het alles in duie gestort toe ons hoor ons dogter is dood,” onthou hy.

Grant se vriend het Bronwyn op haar rug op die badkamervl­oer aangetref. Eers later sou haar geliefdes hoor sy is dood aan ’n inwendige skeuring ná ’n buisswange­rskap. “Sy het intern gebloei,” verduideli­k Felicia.

SY WAS ’n baie goeie kind,” onthou Bronwyn se pa vier dae ná haar begrafnis. Haar ma sê sy kon Bronwyn altyd bel om af te pak. “Maar sý het nooit gekla nie.” Selfs een Maandag toe Grant by hul huis aankom, was dit hy wat hulle van Bronwyn se oggendsiek­te vertel het.

“Hy’t gesê sy was naar en moeg. Maar toe ek haar bel, het sy gesê sy’s orraait. Sy het nog gesê sy is nie seker of sy swanger is nie, want dit het die vorige week gelyk asof sy haar maandstond­e kry,” sê Felicia.

Al was Bronwyn baie lief vir kinders, het sy nie veel gepraat oor haar begeerte om ma te word nie, veral ná haar eerste miskraam sowat twee jaar gelede. Sy was toe ook net ’n paar weke lank swanger.

Ná die terugslag het sy Manny as haar “kind” beskou. “Hy was haar baba en kon enigiets met haar regkry,” vertel Terry.

Nadat hulle die skoknuus van haar dood gekry het, het Grant, sy pa, Robert, en Bronwyn se afgetrede ouers dieselfde middag nog Johannesbu­rg toe gevlieg.

“Ons vier het die hele vlug sit en huil. Dit was ’n swaar vlug; om te dink aan wat anderkant op ons wag,” sê Felicia.

“Dit was selfs swaarder toe ons by die woonstel kom,” sê Terry. Bronwyn was toe reeds in die lykshuis. Manny het op en af in die woonstel geloop, naarstig op soek na sy “ma”.

“Die paramedici het tienuur die oggend by die woonstel aangekom, maar sy is al sesuur oorlede. Hulle het vir ons gesê sy is onmiddelli­k dood,” sê Felicia.

Hulle het ’n mate van berusting gekry toe hulle Bronwyn gaan uitken. “Sy het gelyk asof sy slaap. Sy het so mooi ge- lyk,” onthou haar ma dié tragiese oomblik. “Maar dit was goed vir ons om haar te sien. Ook om te sien dat sy geen merke aan haar lyf gehad het van die val nie. Dit was ’n tipe afsluiting.”

Die Church of the Transfigur­ation in Bellville was stampvol toe hulle die Saterdag ná haar dood van Bronwyn afskeid neem. Bekendes soos Suidooster se Jill Levenberg, Denise Newman en Abduragmaa­n Adams en 7de Laan se Christo Davids, wat in 2007 saam met haar in Shirley, Goodness and Mercy te sien was, het die begrafnis bygewoon.

“Sy was ’n paar weke swanger,” sê haar ma nou. “Sy was nie seker of dit so is nie; Grant het ook nie geweet nie. En sy wou so graag ’n kind gehad het . . .” Volgens Felicia was Bronwyn ’n gesonde mens, buiten dat sy ’n ystertekor­t gehad het.

“Sy is platgetrek elke keer dat sy haar maandstond­e gekry het. Sy het ernstige krampe gekry,” onthou Felicia.

Die dag voor haar dood het Felicia gesukkel om haar dogter in die hande te

kry, want sy het nie haar foon be- antwoord nie. Eers ná haar dood het hulle op ’n teksboodsk­ap afgekom wat sy aan ’n kollega gestuur het. Sy het geskryf dat sy op Goeie Vrydag heeldag gelê het; sy het olik gevoel en was heeldag om die beurt in ’n beswyming en dan weer by.

Manny is nou op Swellendam en treur oor Bronwyn, sê Felicia. “Ons breek self af en toe. Almal sê ek is sterk, maar dan kry ek mooi boodskappe van geliefdes oor Bronwyn. Hulle bedoel goed daarmee, maar dit maak my baie hartseer.”

Hulle het hul dogter laas in Desember by haar skoonouers op Swellendam gesien. Terry sê hy gaan alles omtrent sy dogter mis. “Haar stories, haar vrolikheid en hoe sy ’n grap oor als kon maak. En daai kere dat sy soggens vir my koffie gemaak het wanneer sy hier was,” sê die pa met trane in sy oë.

“Ek’t altyd piesangs wat bruin begin raak het in die yskas gebêre vir haar kuiers. Sy’t die heerlikste piesangbro­od gemaak. Ek gaan dit mis,” sê Felicia en kyk af na die foto van haar dogter wat so graag self ’n ma wou geword het.

 ??  ?? HOOFFOTO: Bronwyn van Graan se geliegelie­fefdde AAmerikaan­seik veghond,hd MManny, rou nog og oor sy nooi. BO: Grant Spreadbury is ge- broke oor sy vrou se onverwagte dood.
HOOFFOTO: Bronwyn van Graan se geliegelie­fefdde AAmerikaan­seik veghond,hd MManny, rou nog og oor sy nooi. BO: Grant Spreadbury is ge- broke oor sy vrou se onverwagte dood.
 ??  ?? BO: Bronwyn was te sien as ’n maatskapli­ke werker in die sepie 7de Laan. REGS: Op die verhoog was sy ’n bekende in produksies soos Betésda.
BO: Bronwyn was te sien as ’n maatskapli­ke werker in die sepie 7de Laan. REGS: Op die verhoog was sy ’n bekende in produksies soos Betésda.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa