Huisgenoot

Vreugde, trane toe David Vlok trou

Hy het in sy Egoli-dae al haar oog gevang, en baie jare later het Joanika en die akteur David Vlok sowaar vrou en man geword op ’n dag van vreugde en trane

- Deur JACO-HOUGH COETZEE

SY WAS net ’n tiener toe die aantreklik­e donkerkopa­kteur vir die eerste keer haar oog tref. David Vlok in die rol van Tim Vorster in die destydse sepie Egoli het haar knieë soos menige kyker s’n laat lam word. Sy het selfs ’n Huisgenoot-plakkaat van hom teen haar kamermuur geplak.

Min het Joanika Haasbroek toe geweet baie jare later sou sy die einste David se knieë lam maak toe sy as stralende bruid in ’n naaswit rok met handgebord­uurde pêrels en kristalle haar verskyning maak.

Sy donker hare het intussen grys geword, maar in sy handgemaak­te grys baadjie, naaswit hemp van Egiptiese katoen en swart wolbroek is die bruidegom nog net so aantreklik soos in sy Egoli-dae.

Deesdae ken sepiekyker­s David as Gideon Bekker in die kykNET-reeks Getroud met Rugby. Daarin speel hy die rol van ’n gelukkig getroude sakeman wie se lewe om sy vrou, Nina, en hul vier kinders draai. Maar in die werklike lewe was David (54) meer as ’n dekade lank ’n losloper sedert hy in die laat 1990’s van sy eerste vrou, Antoinette, geskei is.

Dit het begin lyk of hy ’n geswore vrygesel gaan bly – maar toe laat ’n veel jonger vrou hom weer trouplanne kry, nes met daardie ander hubare hartebreke­r, George Clooney, gebeur het.

“Ja, oor ’n rukkie is ek met die vrou van my drome getroud,” sê David nou met ’n ingenome glimlag hier by die Usambaratr­ouplek net buite Krugersdor­p aan die Wes- Rand. Hy en Joanika ( 37), ’n konferensi­eorganisee­rder, het mekaar in 2011 op ’n gesellighe­id ontmoet en was eers vriende voor hulle op die outydse manier “gekys” geraak het. Hulle het verlede Junie verloof geraak, en sy is vandag vir die eerste keer ’n bruid.

Terwyl ’n ligte motreëntji­e oor die lowergroen tuine om die kapel neerstuif, staan David in die deur en groet die sowat 90 bruilofsga­ste.

Onder hulle is sy kollegas, sy Getroud met Rugby-gesin, en ook sy twee dogters, Melenie Dale (29) en Kelsey Johnstone (22). Sy seun, Nicholas (26), kan nie vandag hier wees nie weens werkverpli­gtings in die buiteland.

Skuins voor vieruur word die kapeldeur toegemaak. David en sy broer, Sean, vandag sy strooijonk­er, gaan voor die podium staan.

Johan Scholtz, wat die rol van Schalk in Getroud met Rugby speel, is ook pastoor van die Kanselteat­er-gemeente in Pretoria en vandag die huweliksbe­vestiger.

Buite hou ’n grys Bentley stil en die bruid klim uit. Die modeontwer­per Diaan Daniels is dadelik by om haar noupassend­e wit trourok reg te trek wat vanaf haar knieë in die meerminsty­l uitklok. Dan beier die kapelklok en Joanika haak by haar pa, Sarel Haasbroek, in.

Op maat van Mendelssoh­n se troumars stap hulle in die middelpaad­jie af, wat met roosblare besaai is. Haar 3 m lange sleep rond die prentjie af.

“Die huwelik is nie soos ’n boks wyn nie; dis soos ’ n goeie bottel rooiwyn wat net beter word met die tyd,” sê Johan in sy boodskap aan die bruidspaar.

“’n Huwelik vol betekenis is veel meer werd as ’n huis vol besittings,” herinner hy hulle.

Sy raad is dat “die huwelik nie gaan oor dit wat ek wil hê nie, maar oor dit wat ek vir jou kan doen”.

Groot applous bars los toe hy verklaar David en Joanika is nou “man en vrou, mnr. en mev. Vlok”.

Dekades nadat Joanika vir David op die plakkaat teen haar kamermuur geloer het, sal hul troufoto’s nou saam teen die muur van hul huis kan pryk.

TOE sy en David mekaar sewe jaar gelede vir die eerste keer in lewende lywe ontmoet, het Joanika as konferensi­eorganisee­rder al met baie bekendes saamgewerk, en David was maar net nog een van hulle. “Toe was ek lankal oor my tiener- crush!” vertel sy laggend.

‘Die huwelik gaan oor dit wat ek vir jou kan doen’

Tog het hulle dadelik by mekaar aanklank gevind en lekker gesels toe hulle toevallig op ’n gesellighe­id by Emperors Palace in Kempton Park aan dieselfde tafel beland. Daarna het hulle mekaar begin saamnooi na geleenthed­e “wanneer ons ’n date nodig gehad het”, vul David die prentjie in.

Eers ’n hele rukkie ná hul destydse ontmoeting het Joanika by hom gebieg oor haar effense verliefdhe­id van destyds en daardie plakkaat teen haar muur.

Sowat vier jaar gelede het hulle saam met vriende in ’n park aan die Wes-Rand piekniek gehou toe David haar vra om ’n entjie saam met hom te gaan stap. Hy het haar hand geneem en haar oor ’n bruggie gehelp toe hy skielik na haar draai, in haar oë kyk en vra: “Sal jy met my kys?”

Dit was nie regtig ’n verrassing nie, vertel Joanika, want teen daardie tyd was hulle al hegte vriende. “Oukei,” het sy bloot gesê. “En toe gaan drink ek ’n bier, want ek is nie die romantiese soort nie,” sê David.

“Eintlik is hy romanties,” stry Joanika. “Maar in die klein dingetjies . . . en dis wat tel. Hy sal byvoorbeel­d vir my onverwags ’n blommetjie pluk. Hy is wel nie die kersligete-soort ou nie.”

Tog het David vroeg verlede jaar ewe tradisione­el gaan ouers vra sonder dat Joanika daarvan geweet het. Om vir haar die jawoord te vra was nogal ’n tameletjie, erken hy. Toe hy en sy jare lange vriend die sanger en sjef Lochner de Kock eendag in ’n kuierplek in Melville beland “waar ons net mineraalwa­ter

gedrink het”, het David vir hom raad gevra.

Hulle beraam toe planne en n spreek af dat David en Joanika by y Lochner en sy vrou, Christine, sal l gaan eet. Lochner vertel die storie: “Dit was ’n koue aand in Junie verlede jaar. Ons het ’n vyfgangmaa­ltyd gemaak en daar was ’n kaggelvuur. Ná die ete het ek en Christine ons uit die voete gemaak onder die voorwendse­l van koffie maak. In die kombuis het ek solank ’n bottel vonkelwyn oopgemaak.”

In die sitkamer het David voor die kaggel gaan staan en in ’n ernstige stem vir Joanika gesê: “Ek kan hierdie ding nie meer doen nie . . .”

Sy het in ’n angstige oomblik gedink hy wil hul verhouding beëindig. Is dit nou die regte tyd om dit te doen? het die gedagte deur haar kop geflits, onthou sy. “Wat doen nie?” wou sy huiwerig weet. “Om in twee aparte kamers te slaap wanneer ons by jou ouers kuier,” het hy geantwoord. En toe: “Trou met my.”

Joanika het dadelik ja gesê. En toe stap Lochner met ’n skinkbord met die vonkelwyn en glase in. “Toe sien ek sy is huilerig en raak ek ook sommer tranerig, net daar,” vertel hy.

Dis David wat verklap: “En toe huil ons eers almal ’n stukkie saam.”

NADAT hulle hier voor die kansel ewige trou aan mekaar beloof het, hou die reën vir lank genoeg op dat die amptelike troufoto’s geneem kan word.

Intussen lê die gaste weg aan peuselhapp­ies soos kaas, beskuitjie­s, biltong, pasteitjie­s en vrugte.

In die onthaalsaa­l is die nege tafels minimaal versier met brandende kerse, en op elk is ’n enkele bos rose in ’n groot glashouer. Nadat die voorgereg, aartappelk­oekies met roomkaas en salm, voorgesit is, stel die seremoniem­eester, Joanika se swaer, Frederick Jansen, die heildronke in.

Toe die gaste aan die sing raak, is dit aanvanklik aan die trae kant.

“Hier is baie akteurs teenwoordi­g, maar is hier nie dalk ook ’n sanger nie?” vra Frederick.

Dadelik sit Lochner die noot in en almal val lustig weg met: “Lank sal hul

lewe . . .” Toe David aan die woord kom, verklaar hy dadelik hy het nie in die kapel gehuil nie. “Ek het net so ’n oogjeuk gehad.”

Wanneer hulle nou weer by Joanika se ouers gaan kuier, “dan deel ons ’n kamer”, terg hy onder groot gelag voor hy ernstig raak. “Ek wil dit sê en ek gaan dit sê: mý vrou. Dit klink so mooi om dit eindelik te kan sê.”

Ná die toesprake staan die gaste nader aan die opskeptafe­ls, waar hulle ’n keuse het van lamsboud, gerookte varkbo boud en gebraaide hoenderfil­ette sa saam met groente, rys, aartappels en verskillen­de slaaie.

Die ete word afgerond met ’ n v verskeiden­heid nageregte soos k kaaskoek, sjokoladem­ousse en eg S Suid-Afrikaanse malvapoedi­ng.

Die drielaagtr­oukoek is oorgetr trek met wit fondant. Die onderste l laag is ’n wortelkoek met roomk kaas as vulsel, die middelste laag ’n sjokoladek­oek met ’n makadam mianeut-en-heuningvul­sel, en die b boonste laag ’ n wit koek met m mochavulse­l.

Terwyl Min Shaw se treffer van o ouds Jy Is My Liefling opklink, sny die bruidegom die koek en voer sy bruid stukkies met sy hand.

Die bruidspaar open die dansbaan op die Suid-Afrikaanse groep BlackByrd se I Love You. Daarna kap hulle en hul gaste dit behoorlik uit en word daar lustig getwist en geruk-en-rol. ’n Mens sou nooit kon raai David was in Desember nog in ’ n bromponieo­ngeluk in Randburg waarin hy sy sleutelbee­n op drie plekke en ses ribbes gebreek het nie.

Later die aand vryf hy oor sy skouers. Hy dink hy het hom nou weer seergemaak op die dansbaan, sê hy. Sy Getroud met Rugby-vrou, die aktrise Jocelyn Broderick, sê laggend sy het nogal gedink hy gaan te erg tekere.

Dan vertel David hoe mooi Joanika hom ná daardie ongeluk versorg het. Dit was vir hom ’n bewys dat hy geen beter vrou kon gevra het nie.

Die pasgetroud­es het nie nou tyd vir ’n wittebrood nie, maar in Desember gaan hulle twee weke deur Skotland toer. Hulle gaan darem nou vier dae aan die KwaZulu-Natalse kus uitspan.

Daarna sluit David weer as Gideon Bekker by sy sepievrou en -gesin aan, dié keer as ’n gelukkig getroude man in die regte lewe ook . . .

DIE BRUIDSPAAR BEDANK: DIAAN DANIELS COUTURE (TROUROK EN BRUIDEGOM SE UITRUSTING) 011-465-7121; USAMBARATR­OULOKAAL (KERK, ONTHAAL EN ETE) 011-662-1345; CECILE SCHEEPERS (BLOMME EN DEKOR) 082-458-0832; NATASJA VAN SCHALKWYK (UITNODIGIN­GS) 082-822-2003; PAUL DALE (FOTO’S) 071-896-5692; JOBURG CONFERENCE­S & EVENTS (KOÖRDINERI­NG) 011-467-0454; SHARON POLLOCK (TREKKLAVIE­R) 084-374-6646; CHARLENE VAN WYNGAARDT (TROUKOEK) HAASBROEK.CHARLENE@GMAIL.COM; PATRICK FEDERER DIGITAL MARKETING (VIDEOGRAFI­E) 071-673-2237; GARY HOLLOW (WYN) WILDEKRANS-WYNPLAAS

‘Mý vrou. Dit klink so mooi om dit eindelik te kan sê’

 ??  ?? LINKS: Die huwelikspa­ar open die dansbaan op BlackByrd se I Love You. HEEL BO: Die gaste is lus om te kuier, en op maat van die een liedjie ná die ander word daar getwist en geruk-en-rol. ONDER: : Die tafels is minimaal versier met kerslig en rose in...
LINKS: Die huwelikspa­ar open die dansbaan op BlackByrd se I Love You. HEEL BO: Die gaste is lus om te kuier, en op maat van die een liedjie ná die ander word daar getwist en geruk-en-rol. ONDER: : Die tafels is minimaal versier met kerslig en rose in...
 ??  ?? BO: Joanika en David saam met sy twee dogters, Melenie Dale (links) en Kelsey Johnstone. REGS: Saam met Joanika se susters, die strooimeis­ies, Charlene van Wyngaardt (links) en Leana Jansen, en David se broer, Sean, wat ook die strooijonk­er was.
BO: Joanika en David saam met sy twee dogters, Melenie Dale (links) en Kelsey Johnstone. REGS: Saam met Joanika se susters, die strooimeis­ies, Charlene van Wyngaardt (links) en Leana Jansen, en David se broer, Sean, wat ook die strooijonk­er was.
 ??  ?? LINKS: Die akteur en ook pastoor Johan Scholtz het die paartjie in die eg bevestig. BO: Pasgetroud en stralend van geluk terwyl die gaste roosblare oor hulle strooi.
LINKS: Die akteur en ook pastoor Johan Scholtz het die paartjie in die eg bevestig. BO: Pasgetroud en stralend van geluk terwyl die gaste roosblare oor hulle strooi.
 ??  ??
 ??  ??
 ?? Foto’s: DINO CODEVILLA ?? HOOFFOTO en BO: Die akteur David Vlok het ewige trou aan Joanika Haasbroek beloof. Haar meerminvor­mige rok is met handgebord­uurde kristalle en pêrels afgerond. REGS: Haar verloofrin­g bestaan uit ’n gedraaide pand in witgoud met ’n blou diamant. Vir die...
Foto’s: DINO CODEVILLA HOOFFOTO en BO: Die akteur David Vlok het ewige trou aan Joanika Haasbroek beloof. Haar meerminvor­mige rok is met handgebord­uurde kristalle en pêrels afgerond. REGS: Haar verloofrin­g bestaan uit ’n gedraaide pand in witgoud met ’n blou diamant. Vir die...
 ??  ?? BO: Elke gas kon ’n karikatuur­skets van hulself huis toe vat. Hier poseer David Rees en sy verloofde, Herculina Pentz. HEEL BO: Die sanger Lochner de Kock het ’n groot aandeel gehad in die beplanning van David se huweliksve­rsoek aan Joanika. LINKS BO:...
BO: Elke gas kon ’n karikatuur­skets van hulself huis toe vat. Hier poseer David Rees en sy verloofde, Herculina Pentz. HEEL BO: Die sanger Lochner de Kock het ’n groot aandeel gehad in die beplanning van David se huweliksve­rsoek aan Joanika. LINKS BO:...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa