Huisgenoot

So leef jy gesond met brood

Sonder om brood uit te sny het die TV-koningin 18 kg verloor. Is dié koolhidraa­t wel gesond, en hoe vergelyk verskillen­de soorte?

- Deur LINDSAY DE FREITAS

AI TOG, daardie konfytbroo­djie saam met jou oggendkoff­ie darem . . . Of die spesiale avokadoroo­sterbrood, en die koning van hulle almal: die braaibrood­jie met sy uie en tamatie wat sag geword het oor stadige kole en die kaas wat sulke lang drade trek wanneer jy jou tande daarin slaan. Min dinge kom by brood. So amper-amper was ons dit kwyt met die banting-, Atkins- en paleodieet wat gepredik het koolhidrat­e is sleg vir jou en maak jou net vet.

Dit was dus musiek in die ore toe die TV-magnaat Oprah Winfrey onlangs haar nuwe, skraal lyf wys en boonop bekendmaak haar Weight Watcherspr­ogram laat haar toe om brood te eet.

“Ek ontneem my nie brood nie,” het Oprah (64), wat die afgelope twee jaar 18 kg verloor het, gesê.

Dankie tog, wou ons van verligting uitroep.

Toni Brien, ’n dieetkundi­ge van Johannesbu­rg, sê brood kan deel van ’ n gesonde dieet wees. “Dis nie regtig sleg vir jou nie. Ons eet net dikwels te veel brood omdat dit so gerieflik is.”

’n Volgraanbr­ood van goeie gehalte bevat min vet en is ’n goeie bron van saamgestel­de koolhidrat­e (wat jou langer versadig laat voel), proteïen, vesel, vitamiene en minerale, sê Toni. “Maar moenie meer as twee snye per dag eet nie,” waarsku sy.

Kirby Hendricks van Alex Royal Dietetics in Kaapstad verduideli­k dat nie alle brood oor dieselfde kam geskeer kan word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa