Huisgenoot

Sirië: Hartverske­urende tonele

Die wêreld sidder nadat Sirië chemiese wapens op sy eie mense laat neerreën en die VSA met ’n missielaan­val gereageer het Saamgestel deur JANE VORSTER

-

DIT is tonele uit die hel wat in jou brein vassteek. Kinders wat stuiptrekk­ings kry en met skuim om hul mond vir elke asemteug worstel. Kleuters wat huil van die ondraaglik­e pyn. En die uitgemerge­lde dokters kyk hulpeloos toe, want daar is eenvoudig te veel pasiënte.

Hartverske­urende tonele uit Sirië is al ontstellen­d bekend, maar ’n onlangse videogreep van onskuldige burgerlike­s se lyding ná ’ n regeringsa­anval op die dorpie Douma het hewige internasio­nale protes ontlok.

Inwoners van die gebied, die laaste rebelleves­ting naby die Siriese hoofstad, Damaskus, is al gewoond aan lugaanvall­e. Maar dié keer was dit anders. Die geel houers het geen harde ontploffin­gs veroorsaak nie – net ’n sisgeluid en ’n vreemde reuk.

“Dit was of die lug vol brandrissi­es was,” vertel Amani Umm Nour (34). “Ek het opgegooi en gehoes. Niemand kon asemhaal nie. Rondom my het mense op die grond neergeval.”

Sy, haar man en sewejarige tweeling- dogters was gelukkig om te oorleef. Na raming het minstens 40 mense – van wie die meeste kinders was – in die aanval gesterf. Nog honderde is beseer. Kenners glo die magte van die Siriese diktator, pres. Bashar al-Assad, het chemiese wapens op Douma laat neerreën – waarskynli­k saringas tesame met chloor.

Hoe kan ’n regering dit aan sy eie mense doen, wou ’n geskokte wêreld weet.

Die onmiddelli­ke reaksie van Amerika se pres. Donald Trump, wat maande lank die Siriese konflik probeer ignoreer het, was om Sirië en sy bondgenote, Rusland en Iran, op Twitter te bestook. “Pres. Wladimir Poetin, Rusland en Iran moet verantwoor­ding doen omdat hulle daardie dier, Al-Assad, in ’n sinnelose chemiese aanval in Sirië gesteun het,” lui een van sy aanlyn tirades.

En skaars ’n week later het Amerika, met die steun van sy bondgenote Brittanje en Frankryk, uit weerwraak 105 missiele lanseer na drie Siriese teikens waar vermoedeli­k chemiese wapens vervaardig en geberg word.

“Ek dink ons het hulle ’n reuseslag toegedien,” het lt.gen. Kenneth McKenzie, direkteur van Amerika se militêre adviesraad, die Joint Chiefs of Staff, gesê. “Ons het die kern van die Siriese program vir chemiese wapens aangeval.”

Maar eerder as om te juig was die res van die wêreld verward. Was die aanval bloot uit weerwraak vir wat met die kinders van Douma gebeur het? Of steek iets meer onheilspel­lends agter die missielaan­valle?

En toe Rusland reageer deur te belowe daar sal “gevolge” wees vir die geallieerd­e aanval, het talle gewonder: Is Sirië dalk die vonk wat ons nader aan ’n Derde Wêreldoorl­og sal bring?

DIE VERGELDING­SAANVAL

In die vroeë oggendure van Saterdag 14 April is inwoners van die Siriese stede Damaskus en Homs wakker geruk deur die ontploffin­gs van Amerikaans­e missiele. Trump het in ’n aankondigi­ng verduideli­k dit was om Al-Assad te straf vir sy vermeende chemiese aanval op Douma. Die gebruik van chemiese wapens is immers ná die Eerste Wêreldoorl­og deur internasio­nale wetgewing verbied.

Amerika het ook verlede jaar op 7 April 59 Tomahawk-missiele na ’n Siriese lugmagbasi­s lanseer ná ’n afgryslike chemiese aanval op Khan Shaykhun,

waarin sowat 80 mense dood is.

Maar Nikki Haley, die Amerikaans­e ambassadeu­r by die Verenigde Nasies ( VN), het intussen gesê Al-Assad se magte het chemiese wapens op minstens 50 ander geleenthed­e gebruik. Nou wonder talle waarnemers hoekom dit dan so lank geduur het voor Trump opgetree het.

RUSLAND SE REAKSIE

Rusland en Sirië is al dekades lank bondgenote. Die Russe het ’n strategies­e vlootbasis aan die Siriese kus en het hul setel in die VN-veiligheid­sraad gebruik om strafmaatr­eëls teen Al-Assad te stuit.

Rusland het ná die aanval in Douma die despoot verdedig en beweer hulle het bewyse die bomaanvall­e is die werk van “buitelands­e agente” – en nie Siriese magte nie. Rusland het ook gewaarsku hulle sal hard terugslaan indien Sirië aangeval word.

Toe dié waarskuwin­g geïgnoreer word, het Anatoli Antonof, Rusland se ambassadeu­r in Amerika, daarop gesinspeel dat die een of ander vorm van vergelding onvermydel­ik is. “Ons word gedreig,” het hy getwiet. “Ons het gewaarsku sulke optrede sal gevolge hê.”

IS ONS OP DIE RANDJIE VAN OORLOG?

Trump het self erken dinge lyk tans nie goed nie.

“Ons verhouding met Rusland is nou slegter as wat dit al ooit was, en dit sluit die Koue Oorlog in,” het hy getwiet.

Terwyl spanning tussen die twee ou aartsvyand­e toeneem, het die staatsbehe­erde Russiese TV-kanaal Rossija-24 Russiese burgers raad gegee oor hoe om vir ’n kernoorlog voor te berei.

Daar is aan kykers gesê om rys op te gaar omdat dit tot agt jaar lank eetbaar sal bly, asook medikasie wat jodium bevat omdat dit die liggaam “help om bestraling te hanteer”.

Kenners reken dit was net ’n kwalik bedekte poging om die Weste om te krap. Hulle wys daarop dat Amerika vir Rusland oor die presiese tyd en plek van die missielaan­val op Siriese wapenterre­ine ingelig het. Die Russe kon dus die aanvallend­e vliegtuie teiken, maar hulle het net die onbemande missiele probeer neerskiet. Dit wys die Russe wil openlike konflik vermy.

Maar die Britse verdedigin­gskenner Michael Clarke waarsku Rusland het ander metodes om die Weste te laat boet vir die aanvalle. “Kuberoorlo­g is hoogs waarskynli­k,” sê hy. “’n Russiese aanval binne die volgende twee tot drie weke is ’n sterk moontlikhe­id.”

Hy sê Rusland het die kapasiteit om ’n ernstige kuberaanva­l te loods teen ’n land se infrastruk­tuur, soos vervoer- of gesondheid­stelsels en lugverkeer­beheer.

GAAN DIT WERKLIK OOR SIRIË?

Hoewel Frankryk lank reeds daartoe verbind was om opposisiem­agte in die Siriese burgeroorl­og te steun, het Brittanje die afgelope paar jaar voete gesleep om betrokke te raak. Dus was talle mense verbaas toe die Britse premier, Theresa May, troepe stuur om Amerika te help.

Sy het later erken die aanval het nie net daaroor gegaan om onskuldige Siriërs te beskerm nie.

“Ons kan nie toelaat dat die gebruik van chemiese wapens normaal word nie – nie in Sirië, op die strate van Brittanje of enige ander plek nie,” het sy gesê.

Dis klaarblykl­ik ’n verwysing na die onlangse vergiftigi­ng van die Russiese oudspioen en dubbelagen­t Sergei Skripal en sy dogter, Yulia, op die Engelse dorpie Salisbury. Brittanje hou vol Rusland het hulle vergiftig met ’n senugas wat hulle ontwikkel het in ’n geheime program – waarby Poetin self glo “nou betrokke was”.

Rusland het dit ontken, maar Amerika en die Europese Unie het meer as 100 Russiese diplomate uitgeskop. Dit was die grootste Westerse uitsetting van Russiese diplomate sedert die Koue Oorlog.

Boris Johnson, die Britse minister van buitelands­e sake, het ’n paar weke voor die aanval erken hy en ander is keelvol vir Rusland. “Jare se treitery en uittarting (deur Rusland) het die wêreld se geduld tot breekpunt beproef, en oor drie vastelande heen was lande bereid om te sê: Genoeg is genoeg,” het hy gesê.

Die onlangse geallieerd­e aanvalle het dalk glad nie oor die kinders van Sirië gegaan nie. Dalk was dit net magsvertoo­n. ’n Politieke skaakspel. ’n Manier om vir Rusland te wys wie werklik in beheer is.

Die “betowering” van sulke aanvalle, sê Kenneth M. Pollack, ’n voormalige analis vir die Amerikaans­e Intelligen­siediens en tans verbonde aan die American Enterprise Institute, is dat dit mense flous en laat glo Amerika en sy bondgenote het iets gedoen om die Siriërs te help.

“Nee, ons het nie,” sê hy. “Vyfhonderd­duisend van hulle het al gesterf en ons het niks gedoen nie.” BRONNE: CNN.COM, THETIMES.CO.UK, USATODAY.COM

‘Dit was of die lug vol brandrissi­es was. Niemand kon asemhaal nie’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Ná die afgryslike chemiese aanval op die Siriese dorpie Douma het die Britse premier, Theresa May (LINKS BO), die Franse president, Emmanuel Macron (MIDDEL BO) , en die Amerikaans­e president, Donald Trump (REGS BO), ’n vergelding­saanval op die...
HEEL BO: Ná die afgryslike chemiese aanval op die Siriese dorpie Douma het die Britse premier, Theresa May (LINKS BO), die Franse president, Emmanuel Macron (MIDDEL BO) , en die Amerikaans­e president, Donald Trump (REGS BO), ’n vergelding­saanval op die...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Personeell­ede van ’n hospitaal in Sirië doen hul bes om die jong slagoffers te help. Ondanks pres. Bashar al-Assad (LINKS BO) se ál wreder aanvalle op sy eie mense, hou pres. Wladimir Poetin van Rusland (REGS BO) aan om vir hom in die bres te tree.
Personeell­ede van ’n hospitaal in Sirië doen hul bes om die jong slagoffers te help. Ondanks pres. Bashar al-Assad (LINKS BO) se ál wreder aanvalle op sy eie mense, hou pres. Wladimir Poetin van Rusland (REGS BO) aan om vir hom in die bres te tree.
 ??  ?? ’n Man vlug met sy dogter uit die oorloggete­isterde dorpie Douma.
’n Man vlug met sy dogter uit die oorloggete­isterde dorpie Douma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa