Huisgenoot

George, Amal vertel van hul liefde

In ’n seldsame onderhoud het Amal en George Clooney vertel hoe hy haar hart gesteel en hul sprokiesro­manse ontwikkel het

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIE duurste juweliersw­are, eksotiese blomme, ingevoerde sjokolade . . . Wanneer dit kom by ’ n mooi vrou die hof maak, kon George Clooney ( 56) met al sy geld en roem omtrent vir haar die sterre uit die hemel gaan pluk. Maar nee, sê sy vrou, Amal Clooney, hy het eerder sy stuitige humorsin ingespan . . . en dit het gewerk.

Onderhoude is nie iets wat dié beroemde menseregte­prokureur graag toestaan nie, maar nou het sy in ’n seldsame onderhoud met die modetydskr­if Vogue heerlike brokkies vertel oor hul feëverhaal­romanse en hoe die akteur haar hart met die hulp van sy geliefde woef gesteel het.

Nadat George haar vir die eerste keer by ’n partytjie by sy huis langs die Comomeer in Italië ontmoet het, het hy haar met e-posse gebombarde­er wat kamtig deur sy hond Einstein geskryf is.

Dit klink nie juis romanties nie, maar die Libanees-Britse skoonheid het daarvoor geval en George se uitnodigin­g na ’n eerste afspraak by ’n spoggerige Londense restaurant aanvaar.

Sy vertel aan Vogue dit het “na die natuurliks­te ding onder die son” gevoel om ’n verhouding met die Hollywood-ster, wat vandag die pa van hul tweeling is, aan te knoop. “Ek het altyd gehoop daar wag ’n liefde wat my totaal oorrompel en wat geen besluitnem­ing van my verg nie.”

Voor sy hom ontmoet het, het sy eintlik aanvaar sy sal nooit ’n man ontmoet wat die moeite werd is nie. “Ek was 35 toe ek George ontmoet. Dit was nie voor die hand liggend dat die liefde met my sou gebeur nie,” het sy aan die modebybel gesê. Ondanks sy reputasie as een van Hollywood se hubaarste oujongkêre­ls het George gesê hy het oombliklik sy hart op Amal verloor.

“Natuurlik is sy beeldskoon, maar ek het gedink sy is fassineren­d en briljant. Haar lewe is ongeloofli­k opwindend – die kliënte wat sy het en die bomenslike werk wat sy doen,” het hy aan die tydskrif vertel.

Hy verklap hulle het die aand van die partytjie by sy Como- huis “die hele nag deur” gesels.

“Ek het haar e-posadres gevra en ons het vir mekaar begin skryf. Maar ek het nie geweet of sy met my wou uitgaan nie,” het hy in Februarie aan die Amerikaans­e geselsprog­ramaanbied­er David Letterman gesê.

Danksy sy hondegrapp­ies het dinge egter tot op die punt ontwikkel waar hy haar Afrika toe gebring het op ’n safari. En dis hier waar dit hom getref het – dis mos sy trouvrou dié.

Tot in daardie stadium was hy oortuig hy stap nooit weer kansel toe nie nadat sy huwelik met die Amerikaans­e aktrise Talia Balsam in die vroeë 90’s ’n skamele drie jaar gehou het.

Maar op safari het hy sy siening oor trou verander.

“’n Paar kameelperd­e het na Amal toe gestap. Sommerso uit die bloute. Ek het ’n foto van haar geneem en sy het geglimlag. Toe sê ek vir my pel Ben: ‘Jy weet, ek dink ek moet haar vra om te trou.’ Toe sê Ben: ‘Ek dink dis ’n goeie idee.’ ”

Getrou aan sy woord het die paartjie in September 2014 afgehaak. Drie jaar later het albei vir die eerste keer ’n ouer geword toe hul tweeling, Ella en Alexander, gebore is. Die tweetjies, wat in Junie een word, het reeds hul eerste woorde gesê: “Daar was al ’n paar ‘mamas’ en ‘dadas’. George het seker gemaak ‘mama’ was die eerste woord,” het Amal, wat Frans, Arabies en Engels praat, gespot.

Die gesin woon in ’n herehuis met nege slaapkamer­s op die dorpie Sonning-onThames in Engeland.

Hulle het ook ’n kleiner plekkie in Los Angeles asook George se vakansiehu­is langs die Como-meer.

Soggens word uitgehou vir gehaltetyd saam met die kleintjies, wat lief is daarvoor om saam met hul ouers in die bed te lê, het Amal aan Vogue vertel. “Toe ek geborsvoed het, was dinge moeiliker omdat daar twee is, en ek het allerhande kussings en masjiene en dinge op die bed gehad om my te help,” vertel sy.

Sy erken die paparazzi agtervolg hulle nou nog meer vandat die gesin uitgebrei het en hulle “doen beslis meer dinge tuis om ons privaathei­d te verseker”.

George is duidelik nog meer versot op sy vrou vandat sy ma geword het. “Sy is nogal ’n merkwaardi­ge mens en nou ook ma, en wanneer jy dit voor jou sien, laat dit jou ongeloofli­k trots voel, maar ook baie klein,” het hy skaamteloo­s teenoor Letterman gespog.

In September verlede jaar op die Toronto- filmfees, waar hy sy fliek Suburbicon gaan bekendstel het, het hy vertel hoe dit is om pa te wees. “Ek huil meer as hulle,” het hy spottend aan ’n joernalis gesê.” Hulle huil nie. Ek huil vier maal per dag omdat ek so moeg is.”

Tog sal hy dit vir niks ter wêreld verruil nie. “Kyk, ek is 56 jaar oud. Ek het nie gedink dit gaan my ooit beskore wees nie en ek het dit op ’n manier aanvaar. “En toe ontmoet ek Amal en ek dink: ‘Maar dis te wonderlik,” en toe skielik het ons hierdie twee rakkers wat my elke dag laat lag.

AL IS hy en Amal so besig, maak hulle tyd vir net hulle twee saam. Vroeër vandeesmaa­nd is hulle tydens ’n romantiese manties ete in New York gesien, waar Amal tans aan die Columbia-universite­it klas gee. Die voormalige adviseur van Kofi Annan toe hy sektretari­s-generaal van die Verenigde Nasies was, is ’n besoekende lektor aan die regsfakult­eit se menseregte-instituut.

Sy en George het onlangs ’ n halfmiljoe­n dollar (sowat R6 miljoen) aan die studentepr­otesoptog March for Our Lives in Washington, D.C., geskenk. Dit was om voorspraak vir wapenbehee­r te doen ná die slagting by die Hoërskool Marjory Stoneman Douglas in Florida, waar 17 leerders afgemaai is.

“Ek en Amal is so geïnspiree­r deur die moed van hierdie jong mans en vroue van Stoneman Douglas,” het George toe gesê. “In die naam van ons kinders, Ella en Alexander, skenk ons $500 000 om vir hierdie baanbreker­sgeleenthe­id te help betaal. Ons kinders se lewe hang hiervan af.”

George keer intussen eersdaags na die kassie terug. Die voormalige ER-ster gaan ’ n minireeks, Catch-22, wat op Joseph Heller se gelyknamig­e roman gegrond is, maak. Hy gaan daarin speel en die regisseur én vervaardig­er wees.

Dit speel in Italië tydens die Tweede Wêreldoorl­og af en is die verhaal van ’n Amerikaans­e lugmagbomb­ardier (die ikoniese karakter Yossarian, gespeel deur Christophe­r Abbott) wat sy diensverei­stes probeer vervul sodat hy kan huis toe gaan.

Die reeks is duidelik ’n passieproj­ek vir die ster wat in ’n onlangse onderhoud erken het hy het genoeg geld dat hy nooit weer hoef te werk nie. “Ek het met my toneelspel altyd die rekeninge betaal, maar verlede jaar het ek ’ n tequilamaa­tskappy vir ’n miljard f****n dollar (R12 miljard) verkoop. Ek het nie geld nodig nie.”

Sy pragtige gesin is blykbaar nou vir hom oorgenoeg.

En dis hier waar dit hom getref het – dis mos sy trouvrou dié

 ??  ?? Die Clooneys het onlangs besonderhe­de oor hul hofmakery en ouerskap in ’n onderhoud met die modetydskr­if Vogue (INLAS) gedeel.
Die Clooneys het onlangs besonderhe­de oor hul hofmakery en ouerskap in ’n onderhoud met die modetydskr­if Vogue (INLAS) gedeel.
 ??  ?? BO: Op ’n ete-afspraak vandeesmaa­nd in New York. REGS:S: In Oktober verlede jaar by die Los Angeles-première van Suburbicon. rbicon.
BO: Op ’n ete-afspraak vandeesmaa­nd in New York. REGS:S: In Oktober verlede jaar by die Los Angeles-première van Suburbicon. rbicon.
 ??  ??
 ??  ?? In September verlede jaar met hul tweeling in Venesië, Italië.
In September verlede jaar met hul tweeling in Venesië, Italië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa