Huisgenoot

Brad Pitt het skoot hoog deur

Die akteur is glo smoorverli­ef op ’n beeldskone, geniale professor met wie hy belangstel­lings deel

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD

DIT moes die een of ander tyd gebeur: Een helfte van die glanspaart­j ie wat aanhangers in rou gedompel het toe hulle uitmaak, toets eindelik weer die liefdeswat­ers. En die vrou op wie Brad d Pitt glo sy hart verloor het, et, is voorwaar iemand om m oor huis toe te skryf: beeldskoon koon genoeg om met sy pruilmond-eks nd-eks vergelyk te word, slim genoeg om as ’n genie bestempel te word en so talentvol, haar kunswerke is in van die wêreld se voorste m museums te sien. Neri Oxman ( 42) is bo boonop stylvol, ’n enkellom maat loper vir en Brad die perfekte (54). pasHul gedeelde liefde vir ar argitektuu­r is boaan die ly lysie dinge wat die twee n nommerpas vir mekaar m maak. Hy is versot daarop om meubels te ontwerp en sy huise te vernuwe; sy is ’n bekroonde argitekton­iese argitektto ontwerper. Sy is ook ’n dosent aan Massachhu Massachuse­tts se Instituut van Tegnologie (MIT) (MMI in Boston, een van die wêreld se voorste vvo tersiêre instelling­s, waar sy klas gee g in mediakuns en -wetenskap. Brad se belangstel­ling in Nerii Neri i is geprikkel terwyl hy ’n reeks van haaa haar 3Dgedrukte leuningsof­as by MIT bewwo bewonder het. Verlede November het hy vir groot g opwinding gesorg toe hy by bby een van haar klasse inloer inloeer kort nadat hulle glo beggi begin uitgaan het. Die ster hett het s saam met ’ ’n n groeep groep van haar studennt studente poseer vir foto’s, fotoo’s wat op Instagram Instagraam gedeel is. Op Opp ’n ander foto staan hy langs Neri, hoeweel hoewel dié een intussen inntu afgeh afgehaal is. Hulle gaan ses maande lank aan al stil-stil uit, berig di die e tydskr skriff Us Weekly. Neri is glo die eerste menns mens wat BBrad Brad weer weerr in sy haart hart toelaat n nadat hy en Angelina Ang Jolie (42) in September 2016 uiteen is. “Brad is absoluut smoorverl smoorverli­ef,” het ’n bron na aan die akteur akteu aan die publikasie gesê. “Die vonk tussen die twee is omtrent aan die brand. “Hulle het feitlik onmiddelli­k’ n liefdesver­houding aangeknoop, maar hy doen baie moeite om seker te maak hulle bly uit nuuskierig­e oë se pad.” Tog, as ’n mens die bron kan glo, het dit nie gekeer dat die tweetjies op “geheime uitstappie­s” gaan nie. “Brad en Neri het al meermale buitelands gereis.” Dit sluit glo ’n besoek vroeër vanjaar aan die Design Indaba in Kaapstad in,

waar Neri ’n spreker was. Kan dit wees? Brad wat goed genoeg in ons agterplaas wegkruip sonder dat ons dit besef? Brad was jare laas so gelukkig. “Om Angelina te verloor was hartseer en ’n groot skok vir hom,” het ’n bron aan die tydskrif People gesê, “maar Brad is nou weer sy ou, sjarmante self.”

Angie en Brad onderhande­l nog oor die voorwaarde­s van hul egskeiding en toesig oor hul kinders, Maddox ( 16), Pax ( 14), Zahara ( 13), Shiloh (11) en die negejarige tweeling Knox en Vivienne, en doen alles in hul vermoë om te verseker die proses verloop so pynloos moontlik.

Brad was maande lank op sy eie en het weinig uitgegaan, maar gaan nou na meer geleenthed­e en bring ál meer tyd in Boston deur, sê die bron.

Us Weekly berig Neri “het die skatryk man met wie sy uitgegaan het amper dadelik gelos” nadat sy Brad ontmoet het. Hul verhouding het vinnig geblom. Die akteur het ’n sleutel vir haar woonstel en is al “meermale” gesien waar hy by die gebou in- of uitgaan.

“Neri kook nie; dus bestel hulle gereeld kos en Brad doen baie van die kookwerk,” sê die bron.

Nog ’n ingeligte sê dis heeltemal verstaanba­ar dat hy smoorverli­ef is.

“Dis bedwelmend om in Neri se geselskap te wees; dis asof jy hoog bo die berge vlieg. Brad straal in haar teenwoordi­gheid.”

’n Argitek wat Neri sien klas gee het en haar werk ken, het aan People gesê: “Sy’s ’n genie en beeldskoon.”

Trouens, die professor is so te sê perfek – en dalk effens intimidere­nd.

HAAR AGTERGROND

Neri se Amerikaans­e pa en Israeliese ma het haar in Israel grootgemaa­k. Nadat sy met skool klaargemaa­k het, het sy haar diensplig in die Israeliese weermag gedoen voor sy in Jerusalem medies begin studeer het.

Maar sy het ná twee jaar oorgeskake­l na argitektuu­r.

Nadat sy in Jerusalem en Londen studeer het, het sy in 2005 Amerika toe getrek en by MIT aangesluit, waar sy in 2010 medeprofes­sor ge- word het.

OMTRENT BEDRYWIG

Sy het die Mediated Matter-navorsings­groep by die MIT Media Lab gestig waar sy werk “met 25 geaffiliee­rdes en besoekende studente in verskeie vakgebiede, soos rekenaaron­twerp, argitektuu­r, molekulêre biologie en fisika”, berig Surface, ’n tydskrif vir ontwerp, argitektuu­r, mode en reis.

NOG NIE BEÏNDRUK NIE?

Neri het ’n amptelike webtuiste waar gemeld word sy het “die beskrywing van die vakgebied materiële ekologie bedink en baanbreker­swerk gedoen waar rekenaaron­twerp, vervaardig­ing en die materiaal self as onafskeidb­are dimensies van ontwerp oorweeg word. So word produkte en geboue biologies en digitaal ontwikkel deur, met en vir die natuur.” Nou toe nou.

PRET IN DIE LABORATORI­UM

Een van haar geliefkoos­de masjiene in die laboratori­um is ’n waterstraa­lsnyer wat so skerp is dat dit deur menslike been kan sny, het sy aan die tydskrif Fast Company gesê. “Die laser is baie vroulik en elegant en die waterstraa­lsnyer is manlik. Dis baie opwindend om tweeuur soggens op my eie hier te wees.”

SY WAS VOORHEEN GETROUD

Neri en die Argentynse klassieke komponis Osvaldo Golijov (57) is in 2011 getroud, maar ’n paar jaar later geskei. Die huwelik was kinderloos. Die twee verkeer steeds op goeie voet.

 ??  ?? HOOFFOTO: Neri Oxman is glo Brad Pitt se nuwe liefde. INLAS: Sy eks Angelina Jolie.
HOOFFOTO: Neri Oxman is glo Brad Pitt se nuwe liefde. INLAS: Sy eks Angelina Jolie.
 ??  ?? Brad het in November by Neri se laboratori­um ingeloer.
Brad het in November by Neri se laboratori­um ingeloer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa