Huisgenoot

Local Loca Is Lekker

-

Sowaar, daar’s ’n plek . . . een waar volwassene­s cowboys en kroeks speel en selfs een waar honde vliegtuie beskerm – en dit teen voëls.

Die bekroonde TV-aanbieder Coenie de Villiers neem kykers nou op reis na dié en nog ander onverkende plekke in ’n nuwe VIA-reeks, Daar’s ’n Plek.

“Die reeks gaan oor mense wat my interessee­r; dikwels doodgewone mense wat uitsonderl­ike dinge doen en vermag,” vertel Coenie oor die dokumentêr­e werklikhei­dsprogram van 13 episodes wat vanaf 18 April af uitgesaai word.

“Ek wil graag hê mense moet oor my skouer loer en ná die tyd vir mekaar sê: ‘Ek het dit nooit geweet nie!’”

Uiteenlope­nde stories word in die reeks vertel – van ma’s agter tralies tot ’n ma wie se seun ’n stryd teen kanker voer. Daar word ook gefokus op die werk van taxibestuu­rders en dié van begrafniso­ndernemers wat oorledenes op hul laaste reis voorberei.

“Dis soms snaaks en ongewoon, soms baie intiem en selfs ’n bietjie hartseer,” sê Coenie oor die reeks.

Die verfilming van die eerste episode was die ene opwinding.

“Ons jaag heen en weer oor O.R. Tambo-lughawe se aanloopban­e saam met die opgeleide honde wat voëls moet wegjaag om te verhoed dat hulle by vliegtuige­njins ingesuig word,” vertel Coenie.

“Die uitvoerend­e vervaardig­er en regisseur van die reeks, Linda de Jager van Endgame Media, het ’n wonderlike aanvoeling daarvoor om die beste uit ’n storie te haal – die spreekwoor­delike ‘storie agter die storie,’” voeg hy by.

Ná 17 jaar in die bedryf word hy steeds deur mense se verhale meegevoer.

“In hierdie reeks gebeur dit soms op die mees onverwagte maniere. Byvoorbeel­d die verhaal van ’n ma wat alles probeer om haar seuntjie wat kanker het se hoop op oorlewing te verbeter. Ons volg haar agter die skerms en vertel die verhaal vanuit ’n oogpunt wat kykers bitter min sien.

“Omdat ons land sy probleme het, is ’n mens geneig om dikwels die goeie dinge uit die oog te verloor. Dis ’n wonderlike plek. Met hierdie reeks sien ek opnuut ons mense is inherent goed en wil net die beste vir Suid-Afrika en die land se mense hê.”

Daar’s ’n Plek word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

 ??  ?? COENIE SPEEL COWBOYS BOYS EN KROEKS IN DIE VRYSTAAT RYSTAAT
BO: Met hierdie cowboymeis­ie wil jy nie sukkel nie! Annemie van der Meulen, oftewel Lady Nero, laai haar geweer voor sy die wit waks uit denkbeeldi­ge skurke skiet. Coenie trap maar versigtig...
COENIE SPEEL COWBOYS BOYS EN KROEKS IN DIE VRYSTAAT RYSTAAT BO: Met hierdie cowboymeis­ie wil jy nie sukkel nie! Annemie van der Meulen, oftewel Lady Nero, laai haar geweer voor sy die wit waks uit denkbeeldi­ge skurke skiet. Coenie trap maar versigtig...
 ??  ?? WOEF-WOEF, TWIET-TWIET!
REGS: Coenie de Villiers luister aandagtig terwyl Ronel Steenkamp (links) en Mariano Curtis Booysen, bewaringbe­amptes by die O.R. Tambolugha­we, vertel van die honde wat voëls daar verjaag en keer dat hulle in vliegtuige­njins...
WOEF-WOEF, TWIET-TWIET! REGS: Coenie de Villiers luister aandagtig terwyl Ronel Steenkamp (links) en Mariano Curtis Booysen, bewaringbe­amptes by die O.R. Tambolugha­we, vertel van die honde wat voëls daar verjaag en keer dat hulle in vliegtuige­njins...
 ??  ?? REGS: Coenie kuier by Colette van de Giessen, ’n ma wat volhard terwyl haar seun, Keanu (2), ’n stryd teen kanker voer.
REGS: Coenie kuier by Colette van de Giessen, ’n ma wat volhard terwyl haar seun, Keanu (2), ’n stryd teen kanker voer.
 ??  ?? LINKS: Linda en Brendon verfilm Coenie terwyl hy die wêreld van begrafniso­ndernemers verken.
LINKS: Linda en Brendon verfilm Coenie terwyl hy die wêreld van begrafniso­ndernemers verken.
 ??  ?? IN DIE SKOENE VAN BEGRAFNISO­NDERNEMERS
BO: Dit verg deernis om te kyk hoe begrafniso­ndernemers ’n lyk vir die laaste reis voorberei. Coenie en Linda de Jager, uitvoerend­e vervaardig­er en regisseur, wil sien wat vir oulaas gebeur.
IN DIE SKOENE VAN BEGRAFNISO­NDERNEMERS BO: Dit verg deernis om te kyk hoe begrafniso­ndernemers ’n lyk vir die laaste reis voorberei. Coenie en Linda de Jager, uitvoerend­e vervaardig­er en regisseur, wil sien wat vir oulaas gebeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa