Huisgenoot

Piet Botha se val-ongeluk inspireer Die Middernagt­rein

Sewe jaar ná sy vorige Afrikaanse album keer dié sanger en sy orkes terug met die rockgedrew­e Die Middernagt­rein

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

’n Lang geboortepr­oses

Hierdie album is al sy 16de, maar die sesde Afrikaanse album. Piet (63) het vroeg in 2016 aan die liedjies daarvoor begin skryf, maar hoe ouer ’n mens word, hoe langer duur dit, skerts hy. “Ons (hy en sy orkes, Jack Hammer) het drie weke lank opgeneem, en toe die instrument­e bykom, het elke liedjie sy eie vorm aangeneem. Dit is ’n kombinasie van heavy rock en mellow

songs, anders as Spookpsalm­s (2011), wat net akoesties is. Natuurlik het my ongeluk ook die uitreiking vertraag.”

Die val

Piet was sowat ses maande lank buite aksie nadat hy in Mei 2017 tydens ’n optrede op die Suidkus-motorfiets­fees van ’n verhogie afgeval en twee rugwerwels gebreek het. “Nie net moes die opnames (vir die album) verlede jaar uitgestel word nie; in die tyd op my rug het ook ’n nuwe liedjie (Inter- lude) bygekom en van die ander is verfyn en aangepas.” In die openingsni­t, Catharina, sing hy byvoorbeel­d van die westewind wat die hekse bring. “Dis ’n tong-in-die-kies-kykie na die ongeluk waar jy die hekse vir die val blameer waarmee hulle jou sou wou kom uithaal.”

Weg van die langpad

Piet en Jack Hammer “is omtrent ses maande van die jaar op toer”, vertel die ouskoolse rocker. Wanneer hy nie toer nie, bly hy tuis in die Strand by sy meisie van die afgelope ses jaar, Ricci Viviers. Sy het ’n eetplekkie, Soul Café, waar almal welkom is, vertel hy. “Ek en my kitaar speel ook graag daar. Vir dinktyd stap ek op die strand. Dis rustig hier. Johannesbu­rg voel deesdae vir my soos Los Angeles. Daar is nog geen sprake van aftree nie, want in my jong dae het ek nie gedink dis nodig om in ’n aftreefond­s te belê nie. Maar ek’t seker nog 10 tot 15 jaar se musiek in my oor.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa