Huisgenoot

Nuut op die rakke: Susan Coetzer se Selma en Louise

Oor vriendinne en ’n skaapwagte­r

- Deur ELNA VAN DER MERWE

SELMA EN LOUISE Deur SUSAN COETZER (Human & Rousseau, R295)

“Ek hou van Selma én Louise – hulle is soos vinkel en koljander en vul mekaar aan,” sê Susan Coetzer. Sy is bekend vir haar geestelike boeke, veral Oros vir die Siel, wat dié aktrise as skrywer gevestig het toe dit in 2007 uitgegee is.

“Selma en Louise het albei eienskappe waarmee ek, en ek dink die meeste ander vroue, sou kon identifise­er. Tog leun ek meer na Selma, wat meer behoudend en deursigtig is met ’ n goeie waardestel­sel, en wat transforme­er ná trauma en aan die einde van die verhaal meer insig in haarself en ander het. Maar ek het terselfder­tyd ook groot waardering vir die losser Louise se impulsiwit­eit, humorsin, ligtheid, haar kommunikas­ievaardigh­ede met haar kinders en die feit dat sy nie so naïef soos Selma is nie,” vertel Susan.

Haar enigste vorige boek wat (soos Selma en Louise) nie spesifiek op die geestelike mark gerig is nie, is Lisa Se Dagboek (2008), wat ontstaan het uit ’n tydskrifru­briek oor ’n losloperme­isie.

“Die hele onderwerp van die lief en leed van uitgaan en loslopers het my al van die dae van Lisa Se Dagboek geïnteress­eer. Toe ek ’n lekkerlees­roman moes aanpak, het die idee vir ’ n ligte vriendskap-verhaal by my opgekom. Ek het besluit ’ n ouer dating- bestanddee­l kan ’ n goeie tema wees om te ondersoek. Dit leen hom tot humor en diepte, deernis en verraad – baie vroue kan hiermee identifise­er.

Die verraad kom in die vorm van die nuwe man in Selma se lewe, Theo, wat ’n ware walglap is.

“’n Menigte vroue wat ek ken, het al iewers in hul lewe met ’n Theotipe te doen gekry. Ek het heelwat vertroulik­e briewe op lêer van vroue wat ’n rat voor die oë gedraai is deur wolwe in skaapskler­e. Theo se karakter het ek geteken volgens vele verwonde vroue se vertelling­s.”

Susan vertel sy het ook navorsing gedoen oor narsiste se vermoë om mense meesterlik te bedrieg en te manipuleer.

Sy lei ’n bedrywige lewe as vryskut en moet gereeld na afgeleë plekke reis as motivering­spreker of aktrise.

“Ek werk dus in blokke toegewyste skryftyd wat ek in rooi omkring op my kalender vir wanneer ek tuis is en met ’n bewustelik­e kwota woorde in gedagte, byna soos gim toe gaan. Dit verg baie dissipline, doelgerigt­heid, harde werk en ook ’n bereidwill­igheid om te herskryf en te slyp.”

Sy vertel die beste tyd om te skryf is soggens vroeg wanneer sy vars is. “As ek tot ounag skryf, kan ek glad nie my gedagtes afskakel en aan die slaap raak nie. Ek lê heeltyd en storielyne uitdink en skape tel en is die volgende dag doodmoeg. Maar as die kalf in die put is, ja, dan skryf ek wel dag en nag in daardie laaste pylvak.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa