Huisgenoot

Meesterstu­k begin draai

-

Aksie. Met Dwayne Johnson, Naomie Harris en Malin Akerman. Regisseur: Brad Peyton. 13TG.

Saamgestel deur LARA ATSON Die storie

Die primatoloo­g Davis Okoye ( Johnson) hou mense op ’n afstand, maar het ’n hegte band met George, ’n intelligen­te gorilla wat hy sedert dié se geboorte versorg.

Toe ’n genetiese eksperimen­t skeefloop (soos wat altyd die geval is op die silwerdoek), verander die sagmoedige gorilla in ’n reusagtige monster. Boonop ontdek hulle nog sulke gediertes wat oral verwoestin­g saai. Okoye span dan kragte saam met ’n genetiese ingenieur, dr. Kate Caldwell (Harris), om ’n teenmiddel te kry.

Die fliek is losweg op die videospele­tjie van 1986 gegrond.

’n Droom word waar

’n Tienerdroo­m van hom het waar geword toe Rampage verfilm is, sê Dwayne (45). “Toe ek jonk was, het ek baie van die speletjie gehou. Ek het dit in ’n speletjies­ar kade – ’n rowwe plek waar ek nie gehoort het nie, veral nie in skoolure nie – begin speel toe ek 13 was en het baie geld in die Rampage-masjien gegooi,” het hy aan die tydskrif Variety vertel.

Agter die skerms

Hy was net 15 toe sy platsak en wanhopige ma, Ata, haarself om die lewe probeer bring het deur voor aankomende verkeer op ’n snelweg in Nashville in te stap.

Hy het haar gered, en vandag hoef hulle hulle nie oor geld te bekommer nie. Dwayne, oftewel The Rock, verdien sowat $22 miljoen (R265 miljoen) per fliek.

Tog het hy onlangs gebieg sy ma se selfdoodpo­ging het hom in depressie gedompel. Hy is steeds in die greep van dié siekte.

 ??  ??
 ??  ?? Dwayne “The Rock” Johnson en sy groot gorilla in die videospele­tjiefliek Rampage.
Dwayne “The Rock” Johnson en sy groot gorilla in die videospele­tjiefliek Rampage.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa