Huisgenoot

Geldsake: Voorsorg ingeval die broodwinne­r verdwyn

Julle het dalk danksy jou maat nie geldproble­me nie, maar dis belangrik dat jy voorsorg tref vir die dag as hulle nie meer daar is nie

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

JOU lewensmaat was dalk nog altyd die broodwinne­r in jul verhouding en was vir al jul lewensonko­ste verantwoor­delik. Maar sal jy alleen oor die weg kan kom wanneer dit nie meer die geval is nie?

Daar is natuurlik verskillen­de redes waarom jy dalk nie meer op jou lewensmaat se inkomste sal kan staatmaak nie. Julle kan besluit om te skei, hy of sy kan hul werk verloor of selfs sterf.

Het jy al ooit gedink of jy dan vir jouself sal kan sorg? En wat van enige kinders wat julle saam het?

As jy nog nie daarvoor beplan het nie, begin sommer vandag nog. Jou Geldsake gesels met The Lemon Lady, oftewel die finansiële beplanner Charné van der Walt, oor die drie belangriks­te voorsorgma­atreëls om te tref.

MAAK SO MIN HANDEL1 SKULD MOONTLIK

Skuld soos dié op krediet- en winkelkaar­te het tipies die hoogste rentekoers­e. ▶ As jy baie skuld het en met betalings agterstall­ig raak, sal jy ’n swak kredietrek­ord kry. Gevolglik sal jy nie maklik nuwe lenings vir byvoorbeel­d eiendom, studie of ’n motor kry nie; juis wanneer jy dit die nodigste het. ▶ Volgens wet mag potensiële nuwe werkgewers jou kredietrek­ord nagaan. Hulle vra gewoonlik tydens jou werkonderh­oud of gedurende die aansoekpro­ses toestemmin­g daarvoor. As jy ’n swak skuldrekor­d het, kan hulle dalk besluit om jou eerder nie aan te stel nie – veral as dit ’n pos is waar jy met finansies gaan werk.

2 SPAAR VIR ’N NOODFONDS

Die ideaal is dat jy eindelik genoeg geld moet wegsit om jou motor- en huispaaiem­ente minstens ses maande lank te kan betaal. Maar moenie dat die grootte van so ’n ideale bedrag jou uit die staanspoor ontmoedig nie. Begin net dadelik spaar wat jy ook al kan afknyp en bou so jou noodfonds op. Oorweeg ’n bedrag wat maandeliks met ’n debietorde­r van jou alledaagse rekening na ’n spesiale spaarreken­ing of belegging oorbetaal word.

3 MOET LIEFS NIE OPHOU WERK NIE

Charné sê sy ervaar dikwels dat een persoon in ’n verhouding heeltemal ophou werk omdat die ander (die broodwinne­r) goed geld verdien.

Dit kan egter ’n yslike fout wees, meen sy.

As jy dan weer uit die bloute moet begin werk, sal dit dalk moeilik wees om die mark weer suksesvol met die nodige werkervari­ng te betree. Al verdien jou lewensmaat sakke vol geld, probeer om steeds jou werkervari­ng en CV relevant te hou; al werk jy net halfdag of op ’n vryskut- of kontrakbas­is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa