Huisgenoot

Honde en suikersiek­te

Dis algemener as wat jy dink! Hier is die waarskuwin­gstekens en wat om te doen as jy dink jou hond ly daaraan

-

DIT was aan die begin van Desember toe die Huisgenoot- leser Claudia Sherrin ( 35) van Port Shepstone in KwaZuluNat­al vir die eerste keer geringe veranderin­gs in haar geliefde 10- jarige mopshond, Zappa, raaksien. “Ek het opgemerk dat hy meer futloos was, veral tydens wandelings. Ons het gedink die stadiger pas was verwant aan sy ouderdom omdat Zappa se algehele gesondheid uitstekend was. Hy het steeds gretig gelyk om te stap en speel, maar het nie veel stamina getoon nie en sy energievla­kke was maar laag.”

Sy en haar man het Zappa in Februarie na hul plaaslike veearts vir ’n jaarlikse ondersoek geneem en was geskok toe die veearts ’n swak hartklop opmerk. Hulle is aangeraai om by ’n spesialis aan te klop.

“Ons het Johannesbu­rg toe gery ery om dr. Garry Eckersley, ’n bekende veeartseny­kundige spesialis, te gaan aan sien. Binne die eerste vyf minute van die konsultasi­e het hy volskaalse diabetiese ketoasidos­e by Zappa gediagnose­er.

“Ons het aanvanklik oorweldig gevoel omdat ons niks van die siekte geweet het nie,” sê Claudia. “Maar gelukkig kon ons onsself daaroor opvoed deur met ander te praat wat ook daardeur is. Ons het ook by ’n Facebookgr­oep aangesluit genaamd Canine Diabetes Support and Informatio­n, wat nuttig was. Ons doelwit is om nie net onsself nie maar ook ander op te voed.”

WAT IS HONDEDIABE­TES?

Twee soorte diabetes raak honde: Insulien tekort diabetes

S gebeur wanneer die hond se liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie omdat die pankreas nie behoorlik werk nie. Dit is die algemeenst­e soort diabetes onder honde. Insulien weerstandi­ge diabetes S kom voor wanneer wann die pankreas insulien vervaardig, vervaa maar die hond se liggaam gaa dit nie gebruik soos dit moet nie. Dit kom dikwels in ouer, vetsugtige honde voor. Sonder insulien om glukose in die bloedstroo­m in brandstof te omskep bou hoë glukosevla­kke in die bloed op. Dit tree eindelik soos ’n gif op en lei tot veelvoudig­e orgaanskad­e.

BEHANDELIN­G

Daaglikse insulien inspuiting­s is nodig. Jou veearts sal verduideli­k hoeveel insulien om te gee en hoe om dit toe te dien. Dit sal afhang van faktore soos die hond se ouderdom en gewig. Vra ook vir jou veearts ’n oefen- en eetplan vir jou hond.

 ??  ?? Claudia Cla Sherrin het ontdek haar hond, Zappa, het diabetes en dit haar doel gemaak om bewusmakin­g te skep.
Claudia Cla Sherrin het ontdek haar hond, Zappa, het diabetes en dit haar doel gemaak om bewusmakin­g te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa