Huisgenoot

WAT HET DIT VEROORSAAK? Handel

-

S Die Middeleeue ( omstreeks 500-1400 n.C.) was ’n chaotiese tyd met gereelde oorloë, hongersnoo­d en die plaag bekend as die Swart Dood, wat meer as ’n derde van die Europese bevolking uitgewis het.

Maar geleidelik het handelsroe­tes begin vorm en is geld, goedere en idees uitgeruil. Een van die plekke waar handel floreer het, was Italië, wat nie ’n enkele land was nie, maar in onafhankli­ke stede verdeel was. Stadstate soos Venesië en Genua aan die Middelland­se See het skepe gestuur om met die Ooste handel te dryf. So het Italiaanse handelaars ryk en magtig geword. Om hul rykdom en status te vertoon, het hulle kunstenaar­s en argitekte opdrag gegee om pragtige kuns en geboue te skep.

Omdat Italië tot 476 n.C. die middelpunt van die Romeinse Ryk was, was daar volop ruïnes van antieke geboue en beeldhou

werke om hierdie kunstenaar­s te inspireer en die belangstel­ling in antieke kuns te laat herleef.

Handel met die Ooste het Europeërs ook toegang gegee tot klassieke tekste wat Moslemgele­erdes bewaar het, asook Chinese uitvindsel­s soos papier en drukwerk. S Drukpers In die Middeleeue was boeke skaars: Dit moes met die hand oorgeskryf word, wat tydrowend en duur was. Maar toe die Duitse goudsmid Johannes Gutenberg in die 1430’s ’n drukpers met beweeg

bare letterdruk­werk uitvind, het dit vinniger en goedkoper geword om boeke te maak. So kon Renaissanc­e- idees en inligting vinniger versprei en meer mense bereik. S Die Val van Konstantin­opel Toe die Ottomaanse Ryk die Oos-Romeinse oftewel Bisantynse Ryk binneval en sy hoofstad, Konstantin­opel ( nou Istanbul), in 1453 inneem, het talle Griekse geleerdes wat daar gewoon het na Italië gevlug. Hul-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa