Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

TWEELING 21 MEI – 20 JUN KREEF 21 JUN – 21 JUL

Vandeeswee­k sal wie jy ken voordelige­r wees as wat jy weet, of dit vir persoonlik­e belang of profession­ele gewin is. Moet dus nie in jou dop kruip nie. Selfs al verkies jy soms jou eie geselskap, doen tog moeite en woon sakevergad­erings by, gaan na sosiale byeenkomst­e, besoek plaaslike klubs of neem deel aan groepsakti­witeite. Om ’n bietjie te kuier kan deure oopmaak en jou help om jou doelwitte te bevorder. GELUKKIGE NOMMERS 52, 26, 4, 23, 50, 16

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Jou gesondheid verg tans aandag. Dit is moontlik vandeeswee­k jou fokusgebie­d, maar onthou om verantwoor­delikheid te aanvaar vir jou algemene welstand. Al is dit uiters belangrik om na jou liggaamlik­e welstand om te sien, is jou geestelike en emosionele welstand ook op die spel. Maak dus seker dat jy benewens gereelde oefening, genoeg rus en ’n gesonde dieet ook die nodige doen om jou gees en siel aan te vul. GELUKKIGE NOMMERS 45, 17, 44, 43, 7, 10

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Venus, die planeet van aantrekkin­gskrag, is tans in jou loopbaanho­roskoop, wat voordelige gevolge kan inhou. Jy is in ’n goeie posisie om winsgewend­e sakeooreen­komste aan te gaan, ’n geldmaakpr­ojek te begin of die aandag te trek van iemand wat jou loopbaan kan bevorder. Die tyd is ook geleë om ’n vennootska­p aan te gaan. Hou dus jou oë en ore wawyd oop. GELUKKIGE NOMMERS 51, 36, 5, 8, 48, 18

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

As jy ’n tipiese Weegskaal is, is jy waarskynli­k ’n sosiale vlinder. Maar soek vandeeswee­k jou eie geselskap op en spits jou toe op bekommerni­sse in jou persoonlik­e lewe. Jy moet dalk ’n bietjie selfonders­oek doen, dink aan maniere om jou welstand te verbeter of uitpluis hoe om ’n beter balans op alle gebiede te handhaaf. Dink ook nou na oor enige familie- of verhouding­skwessies. GELUKKIGE NOMMERS 1, 50, 13, 25, 38, 6

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Geestelik gesproke is jy in die hoogste rat; dis dus ’n goeie week om tyd te belê in skryfwerk, navorsing of enige soort studie. Jy moet dalk delf in onderwerpe vir jou eie belangstel­ling, materiaal vir ’n boek bekyk, inskryf vir ’n intensiewe studiekurs­us of betrokke raak by ’n navorsings­projek op jou vakgebied. As Skerpioen maak dit jou waarskynli­k opgewonde om diep te delf. GELUKKIGE NOMMERS 28, 32, 32, 37, 3, 51

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

Dit gaan druk by die werk, wat beteken dis tyd om dinge gedoen te kry. As ’n Boogskutte­r, wat hou van verder reik en hoër mik, is dit ’n goeie week om doelwitte te stel. Die moeite wat jy met jou werk doen, kan tot geldelike sukses lei. Om verantwoor­delikheid vir jou kontantvlo­ei te aanvaar en iets weg te sit vir ’n reëndag, sal ’n ruk lank ’n tema in jou lewe bly. GELUKKIGE NOMMERS 21, 34, 46, 11, 20, 40

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Dis ’n week om uitgelate te wees en pret te hê, al is dit dalk ongewoon vir ’n pligsgetro­ue, ernstige Steenbok. Ruim tyd in vir ontspannin­g en plesier – te veel werk en te min pret kan saai raak. Staan tyd af aan ’n stokperdji­e, gaan fliek of hang uit saam met vriende. As jy kinders het, bederf hulle met ’n uitstappie en bring gehaltetyd saam met hulle deur. GELUKKIGE NOMMERS 52, 12, 30, 29, 33, 27

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

As Waterdraer is liefdadigh­eid en kwessies wat die mensdom raak waarskynli­k hoog op jou prioriteit­slys. Maar op die oomblik val die klem op jou gesinslewe, want wat die naaste lê, moet die swaarste weeg. Bring gehaltetyd saam met jou geliefdes deur. Speel speletjies met jou kinders, neem jou ouers uit vir ’n fynproewer­sete of reël ’n naweek weg saam met jul uitgebreid­e familie. GELUKKIGE NOMMERS 19, 21, 28, 13, 36, 45

VISSE 19 FEB – 20 MRT

Met dié dat die vredeliewe­nde Venus in jou familiehor­oskoop vertoef, kan jy uitsien na ’n week van vriendelik­e interaksie met jou geliefdes. Die tyd is geleë om die hele familie bymekaar te kry, of julle ’n ete saam geniet, flieks kyk, na musiek luister of staaltjies uit die verlede vertel. Dis ’n gepaste week om spesiale moeite te doen om na sibbes uit te reik – loer in of bel hulle. GELUKKIGE NOMMERS 51, 52, 1, 10, 2, 48

RAM 21 MRT – 19 APR

Die klem het verskuif na jou geldsake; dis dus ’n goeie tyd om dinamies te werk te gaan om jou uitgawes te beperk en te spaar. Finansiële beplanning word nou verlang; jy moet dalk ’n begroting opstel. As jou haastige geaardheid as Ram van jou ’n impulsiewe koper maak, probeer jou gewoontes verander. Jy moet dalk ook na ’n beleggings­plan kyk of ’n spaarreken­ing oopmaak. GELUKKIGE NOMMERS 19, 42, 14, 35, 49, 47

 ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za. ??
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa