CYRIL SE HEN VIR GOUE EIERS
DIE blote gedagte aan sommige van oudpres. Jacob Zuma se aanstellings op finansiële gebied is genoeg om jou ’ n spanningshoofpyn of sooibrand te gee. Sy omstrede keuses het met tye die rand laat tuimel, internasionale beleggers die skrik op die lyf gejaag en ons op die afdraande pad na rommelstatus geplaas.
Maar ons nuwe president, Cyril Ramaphosa, is na die onlangse Statebondsakeforum in Londen met ’n groot doel voor oë: om $100 miljard (sowat R1 200 miljard oftewel R1,2 biljoen) se nuwe beleggings na Suid-Afrika te probeer lok.
En om die 52 staatshoofde in Londen van sy erns te oortuig, het hy op die vooraand van die forum sy nuwe ekonomiese A-span aangekondig. Dit is ’n span wat die wêreld nou moet oortuig skoon regering en volhoubare groei is boaan sy agenda en dat ons daarom ’ n beleggersmekka is.
Ramaphosa se vier spesiale ekonomiese gesante, Trevor Manuel en Mcebisi Jonas (onderskeidelik voormalige minister en adjunkminister van finansies), die gerekende bankier Jacko Maree en die sakeleier Phumzile Langeni, is nie onbekend nie. (Lees die kassie heel regs.)
Maar dis Ramaphosa se keuse van sy ekonomiese raadgewer wat almal aan die gons het. Op 40 is Trudi Makhaya die jongste presidensiële ekonomiese raadgewer in die era ná 1994. Sy het die reusetaak om Manuel, Jonas, Maree en Langeni se werk te koördineer en te lei en ook om Ramaphosa ekonomiese rigtingwysers te gee.
Maar wie is dié jong sakevrou in wie Ramaphosa soveel vertroue plaas?
NOG ALTYD ’N UITBLINKER
Makhaya is die uitvoerende hoof van Makhaya Advisory, ’n konsultasiegroep wat op entrepreneurskap in Suid-Afrika fokus. Sy het op Hammanskraal, ’n arm maar skilderagtige plattelandse distrik noord van Pretoria, grootgeword.
In 1996 het sy met onderskeiding aan St. Barnabas-kollege in Randburg gematrikuleer. In die taai 1980’s en ’90’s het die meeste leerders aan dié hoogaangeskrewe instelling uit benadeelde gemeenskappe gekom.
“Ons was in ’n instelling wat in ons geglo het. Ons het geweet ons word ernstig opgeneem; daarom het ons onsself ernstig opgeneem,” het sy al oor St. Barnabas gesê.
Sy het ’n B.Com.-graad in regte en ekonomie asook ’n meestersgraad in ekonomie aan Wits behaal. As ’n Rhodesbeurshouer het sy ’n M.B.A.- en M.Sc.-graad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Oxford in Engeland verwerf.
Haar belangrikste les in haar tyd by Oxford was die besef van eiewaarde en om jou “nie deur ‘grootsheid’ te laat intimideer nie”, het sy op die aanlyn mentorplatform Change Exchange vertel.
“Baie wêreldleiers en briljante denkers doen by Oxford aan om praatjies te lewer. Om sommige van hulle te ontmoet het ’n mens se geneigdheid getemper om sulke individue op ’n voetstuk te plaas. Om te besef iemand soos Hillary Clinton is eintlik ’n gawe, hardwerkende tannie en nie ’n mitiese supervrou nie, is nogal bevrydend en inspirerend. Skielik het dit gevoel asof baie dinge binne jou bereik is,” het sy aan Change Exchange vertel.
Ramaphosa wil van SA ’n ekonomiese mag maak, en die jong vrou wat hom daarmee gaan help, blyk al die regte stoffasie te hê
HAAR OPGANG AS SAKEVROU
Ná haar terugkeer na Suid-Afrika van Oxford het sy as konsultant vir die ouditreus Deloitte, die ekonomiese navorsingsgroep Genesis Analytics en die mynwesegroep AngloGold Ashanti gewerk voor sy in 2010 by die Mededingingskommissie aangesluit het. Daar
wassyeershoofekonoomenlateruitvoe was sy eers hoofekonoom en later uitvoerende komiteelid en adjunkkommissaris. As sodanig het sy ’n groot rol daarin gespeel om 15 boumaatskappye wat tenders vir die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi onbehoorlik beïnvloed het aanspreeklik te hou. Hulle is ’n rekordboete van R1,46 miljard opgelê.
Makhaya was voorheen ook ’n direksielid van MTN Suid-Afrika en die Vumelana Advisory Fund, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat gemeenskappe in grondhervormingsprogramme hul grond help ontwikkel. In 2015 het sy haar eie adviesfirma begin. Die fokus was om jong ondernemers met mentorskap en aanvangskapitaal te help.
Sy meen jong Suid-Afrikaners wat ’n eie onderneming wil begin, moenie onnodig lank daaroor wroeg nie, maar wel hul bedryf versigtig kies sodat groot maatskappye hulle nie vertrap nie, het sy aan Change Exchange gesê.
ONTLEDER EN SKRYWER
Sy het die versreël Be nobody’s darling uit die gelyknamige gedig van die Amerikaanse skrywer Alice Walker, van The Color Purple-faam, vir haar toegeëien, het sy op haar webtuiste vertel.
As rubriekskrywer vir Business Day en vir Acumen, ’n sakejoernaal van die Gordon Institute of Business Science, het sy gereeld kommentaar gelewer op kwessies van openbare ekonomiese belang.
Maar in haar vrye tyd het sy ook al haar hand aan fiksie gewaag. Onder meer het van haar kortverhale in die literatuurjoernaal New Contrast verskyn. Sy is ook op Twitter aktief en lewer gereeld oor brood-en-botterkwessies op dié sosiale- mediaplatform kommentaar.
Makhaya het al oor haar bewondering vir die onafhanklike skolegroep Curro urro geskryf en dit ’n “uitsonderlike sukses ses in bekostigbare onderrig” genoem, en gunstig geskryf oor die bank Capitec c se rol in toeganklike finansiering.
In ’n meningstuk vir Daily Maverick k het Makhaya destyds voorspel Zuma ma sou vir Nhlanhla Nene as minister van finansies pos, ’n jaar voor dit gebeur r het.
Sy glo ’n mens moet na alle kante e van ’n saak kyk en lug haar mening selfs wanneer hewige debat oor omstrede kwessies woed.
Gedurende die Rhodes Must Fall-protes in 2015 teen koloniale simbole soos die Cecil John Rhodes-standbeeld by y die Universiteit van Kaapstad het sy y in Business Day geskryf die Britse mynnmagnaat en politikus se erfating is s beperk deur die seksisme en ras- sisme van sy era, maar sy nalatenskap p wat studiebeurse (soos die een wat at haar aan Oxford help studeer het) betref, dui op ’n erkenning van sekere universele waardes.
HAAR VISIE VIR DIE EKONOMIE
Sy meen alle rolspelers sal opofferings moet maak as Suid-Afrika beter met die res van die wêreld wil meeding. “Ons moet na ’n ekonomie van matige koste en hoë produktiwiteit oorskakel. Ons moet onwrikbaar wees in ondersoeke ke na ons swakheid in onnderrig, gesondheid, d, landsbestuur en infra- struktuur . . . en dit reggruk,” het sy op Change Exchange gesê.
Sy het nog nooit geskroom om die staat te kritiseer nie. “Die regering se vermoë tot ekonomiese verandering is deur swak uitvoering en verantwoordbaarheidstelsels gekniehalter,” het sy die afgelope Desember in Acumen n gege skryf.
Kort ná Ramaphosa se sege op die ANC se leierskongres in Desember er verlede jaar het sy in Business Day y geskryf die land se nasionale ont- wikkelingsplan, waarin mense soos os Manuel en Ramaphosa ’n groot aanandeel gehad het, maar waarmee die Zuma-bewind gesloer het, moet sonder nder versuim behoorlik toegepas word.
En met Makhaya in sy hoek lyk dit of Ramaphosa nou behoorlik in die kryt klim om dit te laat gebeur.
‘Ons moet na ’n ekonomie van matige koste en hoë produktiwiteit oorskakel’