Huisgenoot

JALOESIE MAAK HOM ’N MONSTER

-

Ek is 25 jaar oud en my kêrel 37. Hy bly my daarvan verdink dat ek en my kollegas, of enige man met wie ek gesels, die kat in die donker knyp, maar ek het hom nog nooit verneuk nie. Toe ek twee weke gelede met sy vriend gesels, het hy my gegryp en geslaan. Hy bly ook aan my slaan. Hy het my nou weer beloof dit sal nie meer gebeur nie. Ek weet dis net mooi broodjies wat hy om my ouers se onthalwe bak. Hulle wil nie hê ek moet hom los nie. Ons kind is nou amper drie jaar oud.

JMS op WS

Jou kêrel se beloftes is vals en hy manipuleer jou ouers. Dit is nie hulle wat aan ’n onuithoudb­are situasie onderwerp word wat dalk lewens- gevaarlik kan wees nie. Daarom het hulle nie die finale sê nie.

Ek is bly jy begin deur die front sien wat hy aan die wêreld voorhou. Dit kan gevaarlik wees om iemand soos hy wat reeds gewelddadi­g teenoor jou opgetree het, selfs voor ander mense, sommerso te verlaat, want sy optrede kan onvoorspel­baar wees.

Jy sal eers versigtig planne moet beraam om van hierdie man weg te kom en met ’n nuwe lewe sonder huishoudel­ike geweld te begin. Maak gebruik van die beskikbare middele soos om ’n beskerming­sbevel by die landdrosho­f teen hom te kry. As jou ouers jou nie wil help nie, bel ’n welsynwerk­er wat saam met jou die nodige voorsorgma­atreëls sal tref, soos om eers in ’n veilige skuilhuis te gaan bly. Bel Badisa Trio by 021-9451064 vir nog inligting hieroor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa