Huisgenoot

angourie rice

Deur COLIN HENDRICKS Hollywood se Angourie Rice, een van eksklusief witwarm jong sterre, praat haar hoofrol met ons oor haarself en Day in die nuwe fliek Every

-

V&A V: Hoe het jy die rol van Rhiannon losgeslaan? A

Ek het ’n oudisie afgelê. Daarna het ek gehoor Michael Sucsy is die regisseur en ek was baie opgewonde daaroor, want ek ken hom. Ek het vir ’n tweede oudisie gegaan en was baie bly toe alles uitwerk.

V: Wat het jou tot die storie aangetrek? A

Die feit dat dit so spesiaal is. Every Day is nie jou tipiese liefdesver­haal nie. Dit bring interessan­te teorieë na vore oor hoe ons bestaan en wie ons is. Dit gaan oor ons liggaam en siel, en hoe ons onsself in die wêreld gedra.

V: Is dit ’n storie oor ware liefde? A

Dit is! Dit gaan nie daaroor om aangetrokk­e te wees tot hoe iemand lyk nie, maar eintlik oor hoe hulle jou laat voel. As jy vry en geliefd voel en dat jy waardeer word, is dit ware liefde.

V: Die karakter A skrik elke oggend in ’n ander liggaam wakker. Was dit moeilik om die verhouding oor te dra na die verskillen­de akteurs wat A se karakter vertolk het? A

Ja, want dit is nogal moeilik om sommerso ’n vonk te hê met iemand wat jy nou net ontmoet het, pleks van met een medespeler saam met wie jy regdeur die fliek werk en wat jy leer ken. Maar in dié geval was dit nie so nie, so dit was ’n uitdaging om daai kontinuïte­it te handhaaf.

V: Jy was dieselfde ouderdom as die karakter toe die fliek verfilm is. Kon jy met haar identifise­er? A

Ja, beslis. Rhiannon sukkel om in die hede te leef en dit is iets waarmee ek ook sukkel.

V: Wat het jy uit die storie geleer? A

Toe sy A ontmoet, besef sy sy sal in die oomblik moet leef, want dit is al wat hulle het. Dit is ’n pragtige boodskap en ’n waardevoll­e les.

V: Hoe was dit om die fliek in Toronto, Kanada, te verfilm? A

Ek is mal oor Toronto. Dit is ’n fantasties­e stad wat my baie aan my tuisstad, Melbourne in Australië, laat dink.

M V: Het jy geweet die fliek is op ’n boek gegrond? A

Ek het die boek gelees en sodoende ’n goeie konsep oor die storie ontwikkel. Toe die fliekproje­k begin, was ek opgewonde omdat ek die storie geken het en gaande daaroor was. Ek wou toe deel wees van die fliek!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa