Huisgenoot

Hoe trots Suid-Afrikaans is jy?

DÍs hoekom dit lekker is om plaaslik te koop – en hoekom dit ’n groter verskil maak as wat jy dalk dink.

-

DAAR is hope redes waarom dit heerlik is om Suid-Afrikaans te wees. En om ons volle steun te gee aan ons land se sakeondern­emings. Jy sal verbaas wees hoeveel wonderlike plaaslike produkte en dienste daar is – die Trots Suid-Afrikaans-veldtog sal help sorg dat hulle onder jou aandag kom.

Die voordele van plaaslik koop

Gehaltepro­dukte? Ja. Werk help skep? Ja. ’n Warm gevoel om die hart dat jy iets goeds doen? Beslis!

Die voordele van ’n plaaslike produk koop en Suid-Afrikaanse ondernemin­gs ondersteun, strek veel verder as net ’n enkele aankoop, want die uitkringef­fek is reusagtig. Die sake-eienaar het iemand in diens, het geld om te bestee om die ekonomie te help groei, en danksy jou kan hulle dit aanhou doen.

Jy help ook werkgeleen­thede skep, want suksesvoll­e ondernemin­gs brei uit en kort ál meer werkers, wat op hul beurt beter vir hul gesin kan sorg.

Wees lekker; koop plaaslik

Daar is vele maniere om Suid-Afrikaanse ondernemin­gs te steun. Jy kan byvoorbeel­d plaaslike musikante se musiek koop, teaterprod­uksies gaan kyk of plaaslike DVD’s aanskaf en klere met die Trots Suid-Afrikaans-etiket daarop koop.

Plaaslike ontwerpers gebruik ook toenemend Suid-Afrikaanse verskaffer­s. Baie verbruiker­s is trots daarop om deel te word van die neiging om plaaslike klere te dra. En boonop is daar heelparty pragtige, bekroonde ontwerpe onder hulle!

Die toenemende getal modeweke en plaaslike trefferfli­eks bewys in hoe ’n mate Suid-Afrikaners dié bedrywe steun. Nog ’n manier om Trots SuidAfrika­ans te wees is om nie onwettige flieks en reekse af te laai nie en te weier om roofgoeder­e te koop.

Waar koop ’n mens plaaslik?

Die maklikste is om die etikette na te gaan van items wat jy koop. Regtens moet dit sê waar dit vervaardig is.

Jy kan ook die Trots Suid-Afrikaansw­ebtuiste, proudlysa.co.za, besoek om te kyk watter handelsmer­ke deel is van die veldtog. So nie kan jy uitkyk vir die logo hierbo.

Trots SA bied ook ’n jaarlikse geleenthei­d aan, die Buy Local Summit and Expo, waar plaaslike vervaardig­ers hul ware kan uitstal.

Vanjaar is dit in Maart gehou en tot twee dae verleng pleks van die gebruiklik­e een.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa