Huisgenoot

SO WERK DIE AANLYN REGISTRASI­EPROSES IN GAUTENG

-

Aanlyn registrasi­e is die enigste manier waarop ouers in Gauteng kinders vir gr. 1 en gr. 8 kan inskryf. Besoek die webtuiste www.gdeadmissi­ons.gov.za.

Stap 1: Vul besonderhe­de van ouer in. Stap 2: Vul besonderhe­de van leerder in. Stap 3: Kies ’n skool op grond van die opsies wat gegee word.

Vir gr. 1 kan die ouer vir vyf skole per leerder aansoek doen op grond van huisadres, werkadres, of daar sibbes in die skool is, en die skool van jou keuse.

Gr. 8-ouers kan op grond van dieselfde opsies aansoek doen, maar ook op grond van die vorige skool en ’n hoërskool wat ’n bepaalde fokus het.

’n Aansoek op grond van jou huisadres, werkadres en die skool van jou kind se sibbes sal jou op waglys A geplaas kry, terwyl ’n aansoek op grond van ’n skool van jou keuse jou op waglys B geplaas kry.

Sodra die aansoek suksesvol is, sal jy as ouer ’n SMS ontvang wat aandui op watter waglys jy is en watter dokumente jy binne sewe dae na elke skool moet neem waar die aansoek suksesvol was. Sien die kassie onder om te kyk watter dokumente jy sal benodig.

Wanneer er r ouers die dokumente by die skool indien, moet hulle ’n register onderteken wat bewys hulle het dit ingelewer.

Leerders word tussen 18 Julie en 31 Oktober in skole geplaas. Ouers sal gevra word om binne sewe dae die plasings te bevestig of van die hand te wys. As die ouer nalaat om dit te doen, sal die aanbod verstryk.

Vir aanlyn gidse vir die proses, besoek www.gdeadmissi­ons.gov.za. Klik op “Getting Started” en kies “Video Tutorials”.

HELP, EK HET NIE INTERNET NIE!

As jy nie toegang tot die internet het nie, kan jy registrasi­epunte by die onderwysde­partement se distrikska­ntore besoek waar amptenare kan help. Gemeenskap­sbibliotek­e kan ook hulp verleen met toegang tot die aanlyn stelsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa