Huisgenoot

Gesonde, vullende slaaie vir die herfs

Geniet vullende slaaie terwyl die winter nader kruip

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: JACQUES STANDER

NIE lus vir slaai in die winter nie? Gemaak van heilsame bestanddel­e en aangevul met proteïene, oondgebakt­e groente, heerlike souse en ’n interessan­te kombinasie van warm en koud, kan slaai wel hartlik en vullend wees.

OOSTERSE VARKREPIES­LAAI MET UIEPIEKEL

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Marineer: 4 uur Gaarmaak: 20 min. MARINADE 160 ml (²⁄₃ k) sojasous 125 ml (½ k) rys

of appelasyn 6-8 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 ui, gekap 60 ml (4 e) strooi

suiker 80 ml ( k) olie VARK 4 varknekste­aks,

in repies gesny sout en vars gemaalde

peper UIEPIEKEL 180 ml (¾ k) rys

of appelasyn 180 ml (¾ k) warm

water 125 ml (½ k) strooi

suiker 6 peperkorre­ls 2-3 rooi-uie of 12 ra

dyse, in ringe gesny SLAAI vars vrugte soos pruime, mango’s en kiwivrugte, in skywe of wiggies gesny ’n hand vol pak choi of

roketblare koljanderb­lare

1 Marinade Meng alles, giet oor die vleis en laat 3-4 uur staan.

2 Vark Verwyder die vleis uit die marinade, geur met die sout en peper, en roerbraai in ’n bietjie verhitte olie tot net gaar.

3 Kook die orige marinade goed en giet oor die vleis.

4 Uiepiekel Roer die asyn, water en suiker tot opgelos. Voeg die peperkorre­ls en uie by; laat afkoel.

5 Slaai Rangskik die slaaibesta­nddele op ’n bord, skep die vleis bo-op, giet van die marinade oor en skep uiepiekel bo-op.

Vir ’n ander geurprofie­l, vryf die vleis in met die Midde-Oosterse speserymen­gsel baharat en roerbraai tot net gaar. Dis ook ideaal om oor groente te sprinkel voor jy dit oondbraai.

BAHARAT 30 ml (2 e) gemaalde

swartpeper 30 ml (2 e) paprika 30 ml (2 e) fyn komyn 22,5 ml (1½ e) droë ment 15 ml (1 e) gemaalde

koljanders­aad 15 ml (1 e) gemengde

speserye 5 ml (1 t) fyn kaneel 5 ml (1 t) droë brand

rissievlok­kies 2,5 ml (½ t) fyn kardamom Meng alles en bêre in ’n lugdigte houer. (Blaai om)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa