Huisgenoot

CYRIL SE SPESIALE GESANTE

-

1. TRE TREVOR MANUEL Mense het bespiegel Ramaphosa sou hom weer as minister van finansies inspan, maar toe is Nhlanhla Nene in dié pos aangestel. Manuel het vroeg verlede jaar laat blyk hy sou graag ’n Ramaphosa-kabinet van raad bedien. Nou is hy een van Ramaphosa se prominents­te ekonomiese gesante, bekend en gerespekte­er onder buitelands­e beleggers. Hy het in 1996 by Chris Liebenberg as minister van finansies oorgeneem en in die kabinette van Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Zuma gedien.

2. JAC JACKO MAREE Hy het begin 2013 uitgetree as uitvoerend­e hoof van Standard Bank, wat hy help bou het tot Afrika se sterkste bankgroep. Dit was juis onder hom dat China ’n beduidende belegging in dié groep gemaak het. Ná sy uittrede het hy ’n ruk lank bly handgee, eers as senior bankier en sedert 2016 as mede-adjunkvoor­sitter van die groep. Tans is hy voorsitter van Liberty Holdings Limited en Liberty Group Limited. Sy ervaring van sake in die buiteland doen en kliëntever­houdings kweek sal Ramaphosa goed te pas te kom.

3. MC MCEBISI JONAS Hy het van 2014 tot vroeg in 2017 as adjunkmini­ster van finansies in Zuma se kabinet gedien voor dié hom saam met Pravin Gordhan gepos het. Kort daarna het Jonas as ANCparleme­ntslid bedank. Hy het aan die voormalige openbare beskermer Thuli Mandonsela vertel hoe hy ’n omkoopaanb­od van die Guptas om as nuwe finansiesm­inister na hul pype te dans geweier het. Jonas se teenwoordi­gheid in Ramaphosa se span kan potensiële beleggers oortuig Suid-Afrika is nou ernstig oor skoon regering.

4. PHU PHUMZILE LANGENI Soos Maree dra sy wat privaatsek­torondervi­nding betref tot die span by. Die voorsitter van die Afropulse-groep was voorheen ook al direksieli­d van verskeie ander groot korporasie­s, waaronder Massmart en Imperial Holdings. Sy het boonop ook ervaring in die openbare sektor, byvoorbeel­d as ekonomiese raadgewer vir die departemen­t van minerale en energie voor 2010. Sy is ook ’n geregistre­erde aandelemak­elaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa