Huisgenoot

GEVAARLIKE MAN HAAR DROOMMAN

-

Ek is ’n 51-jarige, energieke weduwee. My hele lewe lank is ek al sterk aangetrokk­e tot die sogenaamde gevaarlike­r mans wat vroue graag beheer, veral wanneer dit by slaapkamer­sake kom. Dis die storie van my lewe. Vervelige mans irriteer my! Beteken dit daar is fout met my? BL op KP Nee, daar is patrone in ons almal se lewe wat die keuse van maats betref. Dikwels kies ’n mens onbewustel­ik ’n verhouding wat jou aan ’n aspek van jou verhouding met een van jou ouers herinner.

Vroue wat mans verkies wat emosioneel onbeskikba­ar is en hulle met hul buie en manipulasi­e probeer beheer, het soms as kind nie genoeg liefde by een van hul ouers gekry nie. Sulke vroue het hulself leer beskerm deur hul emosies te onderdruk. Hulle is selfkritie­s en verkies ’n verhouding met ’n ongelyke magsverdel­ing bo alleen wees.

’n Ander rede is ’n vrou glo sy kan so ’n man ten goede laat verander en hom “red”.

Sulke mans is moeilik om te peil; vroue vind dit soms interessan­t. Krap jy ’n bietjie dieper, kom jy agter hierdie mans wantrou vroue en wil hulle juis daarom beheer.

Hoe vermy jy hierdie soort man al is hy jou droomman? As weduwee moet jy veral lig loop vir gevoellose mans wat dalk vroue wat weerloos teen hul eie emosies is, wil misbruik. Iemand wat ’n geliefde lewensmaat verloor het, verdien eerder ’n bestendige lewe saam met iemand wat haar respekteer.

Wat het jy in jou kleintyd oor verhouding­s geleer wat jou nou kniehalter om so ’n vervullend­e verhouding aan te knoop? Jy sal dalk met die hulp van ’n terapeut ’n antwoord op hierdie vraag moet kry en daaraan moet werk eerder as om jou fantasie na te jaag.

’n Ander manier om hierdie siklus te verbreek is om jou in elke verhouding af te vra of jy jou dogter sal aanraai om met so ’n man te trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa