Huisgenoot

NEK- EN HOOFPYN

-

Deesdae word nek- en hoofpyn ook soms aan slimfoonge­bruik gekoppel. In ’n onlangse ondersoek deur dr. Kenneth Hansraj, ’n ruggraatch­irurg van New York, is bevind jy plaas tot 30 kg druk op jou nek as jy jou kop teen 60 grade draai om na jou skerm te staar.

Hy verduideli­k ’n volwassene se kop weeg gewoonlik tussen 4,5 en 5,5 kg, maar dié gewig word eweredig deur jou liggaam versprei en gesteun. As jy jou nek egter teen ’n hoek draai, word die gewig op een plek in jou liggaam gedra en voel dit swaarder.

Die Kaapstadse chiroprakt­isyn Jason Liepner sê sowat 70% van die gevalle wat hy nou hanteer, hou verband met ’n swak postuur weens selfoon- en rekenaarge­bruik. “Ek sien ook meer jong volwassene­s en kinders met nekproblem­e, wat nie eintlik so algemeen behoort te wees nie.”

Hy voeg by: “Wanneer jy jou kop vorentoe laat kantel, keer jou spiere dat jou kop heeltemal na jou bors toe val. As jy dus die spiere oortyd laat werk om jou kop te ondersteun en swaartekra­g teen te staan, word dit moeg. Dit kan spierspasm­a veroorsaak, wat tot hoof- en nekpyn kan ly.”

Jason sê die gevolge van ’n slegte postuur is meer verreikend as ’n seer nek of rug. Dit tas ook jou asemhaling aan. “As jy vooroor gebuig is met jou kop gesak (oor ’n skerm), rol jou skouers vorentoe, wat verhoed dat jy heeltemal inasem. Jou longe kan dan nie ten volle uitsit en met die maksimum hoeveelhei­d lug gevul word nie, wat beteken jy kry nie genoeg suurstof vir jou lyf om optimaal te presteer nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa