Huisgenoot

PRINS GEORGE ALEXANDER LOUIS (4)

gebore op 22 Julie 2013 om 16:24 (Kreef)

-

SY PERSOONLIK­HEID

William en Kate het al laat blyk hul oudste kan nogal ’n handvol wees. Sy pa het hom eenkeer ’n “klein apie” genoem, en Kate het laat val hy is in 2016 nie saam op hul toer na Indië en Bhoetan nie, want hy is “te stout”.

“Hy sal die wêreld vol hardloop,” het sy blykbaar gesê. George se parmantigh­eid en energie staan in sy sterre geskryf. Hy sal ’n gawe outjie wees, maar ook ’n impulsiewe woelwater, sê Dianne. “Sport sal ’n goeie uitlaatkle­p vir al sy energie wees.”

Hy is ’n sensitiewe kind, sê Margarita. “Hy sal fases beleef waar hy die een oomblik skree van die lag en net die volgende hartseer begin huil.”

Van 12 af sal ons ’n drastiese veranderin­g sien, voorspel Dianne. “Hy sal ernstiger begin word en sy koninklike verantwoor­delikhede uitstekend nakom.”

Dan sal hy ook begin om sy emosies weg te steek, sê sy. “Hy sal dit goed regkry om sy privaat lewe privaat te hou.”

VERHOUDING­S Met ma en pa:

Prins George het ’n hegte band met albei ouers, en sy persoonlik­heid is baie soos dié van sy pa. “Hulle is albei saggeaard en sensitief,” sê Margarita. Kate sal die een wees wat dissipline toepas, maar tog sal hy ’n ongeloofli­ke emosionele band met haar hê, sê sy. Omdat hy twee jaar ouer as

Met Charlotte:

sy is, sal hy beskermend teenoor haar wees, sê Dianne. “Maar hy moet maar versigtig wees – hy sal maklik baasspeler­ig raak en Charlotte gaan dit glad nie toelaat nie.”

Met Louis: George gaan dadelik die nuwe boetie aanvaar omdat hy so ’n groot beskerming­sdrang het. “Hy hou van die gesag wat ’n ouboet het,” verduideli­k Dianne, “en met ’n nuwe baba in die huis sal hy meer verantwoor­delikhede hê.”

SY TOEKOMS Waarin stel hy belang?

George is mal oor vliegtuie en helikopter­s – wie kan daardie gesiggie vergeet toe die gesin verlede jaar die helikopter­basis in Duitsland besoek het? Miskien sal hy ook eendag soos sy pa as ’n lugambulan­svlieënier diens doen.

“Prins George sal hou van reis en sal graag die wêreld wil verken,” glo Margarita.

As hy nie blou bloed gehad het nie:

Dianne sê hy het ’n ryk verbeeldin­g. “Hy sal ’n wonderlik kreatiewe skrywer wees.”

Hoe sal hy die druk van die koninklike lewe hanteer?

Dit gaan lank vat voor George regtig gemaklik met al sy take sal wees, voorspel Margarita. Maar sy en Dianne glo hy sal mettertyd sy rol in die lewe aanvaar.

Watter soort lewensmaat sal hy kies?

Dit gaan hom lank vat om iemand te kry wat aan sy hoë standaarde voldoen. “Maar hy sal wel eindelik iemand kies wat die koninklike templaat volmaak pas,” sê Dianne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa