Huisgenoot

PRINSES CHARLOTTE ELIZABETH DIANA

gebore op 2 Mei 2015 om 08:34 (Bul)

-

HAAR PERSOONLIK­HEID

Kate het eenkeer gesê Charlotte word nou vinnig groot en “sy’s die een in beheer.

“O, sy’s baie oulik, maar sy het ’n woelige streep.” Wel, as hulle dink hul dogtertjie is nou woelig, wag ’n groot verrassing op hulle. “Sy gaan baie hardkoppig wees,” voorspel Dianne.

“Sy is baie sjarmant en mense sal hulle maklik deur haar laat lei. Sy’s sonder twyfel ’n sterk kind,” meen Margarita.

Charlotte is baie slim, sê Dianne. “Sy gaan alles bevraagtek­en, veral al die koninklike reëls wat sy moet nakom.”

VERHOUDING­S Met ma en pa:

Dit sal nie vreemd wees as Charlotte as tiener met haar ouers koppe stamp nie – veral haar pa.

“Haar tienerjare gaan vir William grys hare gee,” sê Dianne. “Hoewel sy hom aanbid, gaan sy sy verwagting­s van haar verwerp. Dit gaan beslis tot ’n uitval of drie lei.”

Maar met ma Kate sal sy nie soveel kanse vat nie, glo Dianne. “Kate weet hoe om haar kort te vat.”

Met George: Charlotte is baie lief vir George, “al kloek hy so om haar,” sê Dianne.

Met Louis: Charlotte gaan nie die baba dadelik met ope arms aanvaar nie, maar gee maar kans, sê Dianne.

HAAR TOEKOMS Waarin stel sy belang?

Charlotte is buitengewo­on kreatief, glo Dianne. Sy is lief vir diere en sal heel moontlik net soos haar oumagrootj­ie o Elizabeth ’n uitstekend­e ruiter ru word.

Margarita voorspel sy sal graag uitgaan en kuier, en Dianne stem saam sy gaan baie sosiaal wees. As sy nie blou bloed gehad het nie: Dit sou haar eerste prioriteit wees om seker te maak sy het genoeg geld, is Dianne se mening. Hoe sal sy die druk van die koninklike le lewe hanteer? Een ding is seker: Sy sal nooit n jaloers wees as die kroon op haar ouboet se kop beland nie, sê die twee voorspelle­rs. Watter lewensmaat sal sy kies? Sy gaan nie gou kies nie; sy’s gans te rusteloos, sê Dianne. D

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa