Huisgenoot

PRINS LOUIS ARTHUR CHARLES

gebore op 23 April 2018 om 11:01 (Bul)

- S

SY PERSOONLIK­HEID

“Die koninklike lewe sal dié outjie soos ’n handskoen pas,” sê Dianne. “Sy persoonlik­heid gaan presies soos dié van sy oumagrootj­ie die koningin wees.”

Margarita stem saam. “Hy gaan beslis iemand wees om mee rekening te hou. Hy gaan ’n sterk wil hê, maklik bevele uitdeel, en mense sal lojaal aan hom wees.”

Daar is ook ooreenkoms­te met sy oorlede ouma Diana. “Hy sal ’n warm energie uitstraal en mense sal voel hy is toeganklik,” glo Margarita.

VERHOUDING­S

Met ma en pa: Hy sal baie na sy ma opsien, en volgens Margarita sal sy dalk die enigste een wees wie se gesag hy respekteer. “Maar hy sal vasskop as sy hom te veel aan bande probeer lê.”

Met George en Charlotte: “Hy en ousus gaan ’n wonderlike verhouding hê,” glo Dianne. “George is egter ’n perd van ’n ander kleur. Louis sal glad nie toelaat dat sy ouboet om hom kloek of probeer baasspeel nie.”

Margarita voorsien heelwat spanning tussen die twee broers, “veral as die jongste wys hy stel in die kroon belang – en hy sal”.

SY TOEKOMS Waarin stel hy belang?

Klein Louis het baie belangstel­lings, maar Margarita voorspel die soldatelew­e gaan hom lok.

Hy sou hy ’n beleggings­bankier of ’n gladdemond-advokaat kon word, glo Dianne.

As hy nie blou bloed gehad het nie: Hoe sal hy die druk van die koninklike lewe hanteer?

Hy gaan met gemak die lewe lei wat van hom verwag word, sê Dianne.

Watter lewensmaat sal hy kies?

Die vroue gaan oor hul voete val vir hom, voorspel Margarita, maar Dianne waarsku hy gaan ’n snob wees en gaan dus baie uitsoekeri­g wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa