Huisgenoot

SWAZILAND

-

Die land is genoem na koning Mswati II, wat van 1840 tot 1868 regeer h het. Die koninkryk van Swaziland is tussen Suid-Afrika en Mosambiek geleë. Van wes na oos word Swaziland gekenmerk deur sy hoëveld, middelveld, laeveld en die Lubombo-platorand. Die land het ’n oorwegend subtropies­e klimaat.

Bevolking: Swaziland was tot 1968 onder Britse beheer; dus is Engels en Swazi die amptelike tale. Die koninkryk het sowat 1,3 miljoen inwoners en Mbabane is die hoofstad. Dis ’n klein land van net 17 364 km2. Sowat driekwart van die bevolking leef van bestaansbo­erdery. Koning Mswati III is Swaziland se koning en neem al die regeringsb­esluite. Hy het onlangs gesê hy wil die land se naam na eSwatini verander.

Ekonomie: Die belangriks­te ste mynbouakti­witeite is die ontginning van asbes, diamante nte en steenkool. Swaziland verdien ’n groot deel van sy innkomste uit die opbrengs van die Suider-Afrikaanse Doeaneaneu­nie. Die land voer motors, s, masjinerie, voedsel, petrooleum­produkte en chemikaali­eë veral uit Suid- Afrika in. Die geldeenhei­d is die lilanangen­i.

Toerisme: Die meeste toeriste kom van SuidAfrika. Die hotel-encasinoko­mplekse in die Ezulwiniva­llei en by Piggs Peak in die noorde en Nhlangano in die suide vorm die ruggraat van dié bedryf.

 ??  ?? ONDER: Mbabane is die hoofstad van Swaziland. REGS ONDER: Tot 40 000 vroue neem deel aan die Umhlanga-rietdans ter ere van die koningmoed­er. HEEL REGS ONDER: Koning Mswati III.
ONDER: Mbabane is die hoofstad van Swaziland. REGS ONDER: Tot 40 000 vroue neem deel aan die Umhlanga-rietdans ter ere van die koningmoed­er. HEEL REGS ONDER: Koning Mswati III.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa