Huisgenoot

OPGRADERIN­G: OPSETLIKE ONDUURSAAM­HEID

-

Teen die muur van ’n brandweers­tasie op die dorpie Livermore naby San Francisco sit ’n gloeilamp enig in sy soort op die hele aardbol. Dit maak ’n lae gonsgeluid, flikker met ’n onheilspel­lende geel gloed en het in 117 jaar nog nooit ophou werk nie. Die Shelby Electrical Company het die Centennial Bulb in 1901 gemaak. Wat ’n mens laat wonder: As hierdie gloeilamp langer as ’n eeu later nog werk, hoekom het die res van die wêreld gloeilampe wat binne ses maande die e gees gee? In daardie stowwerige gloeilamp mp lê die geheim van verbruiker­swese. Dit is die eerste stap na hoe beplande verouderin­g ng die eerste keer bedink en die idee van deurlopend­e opgraderin­gs geskep is.

In dokumente wat in 1989 9 met die val van kommunisme in Oos-Berlyn gevind is, het vertroulik­e notules van ’n vergaderin­g in Genève in 1932 opgeduik. Die vergaderin­g was tussen twee direkteure van Osram en die wêreld se grootste vyf elektriese maatskappy­e. Hulle het bymekaarge­kom om ’n beleidsbes­luit te neem wat die geskiedeni­s sou ve verander. Hulle het ’n enkele doelwit gehad: om klaar te speel met enige ondernemin­g wat ’n gloeilamp skep wat langer as ses maande hou.

Die dokumente het bewys iets wat ons almal vaagweg vermoed, bestaan werklik. Jy ken die gevoel wanneer jou ketel net ses maande nadat jy dit gekoop het geheimsinn­ig ophou werk? Dit staan bekend as be-

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa