Huisgenoot

DIE UBER-OPENBARING

-

Twee Amerikaner­s staan op ’n ysige aand in 2008 in die Champs-Élysées in Parys en wil ’n taxi ontbied. Die sneeu val en die verkeer staan botstil. Hulle het minder as ’n uur om hul vlug na New York te haal.

Soos die verkeer in die Champs-Élysées opgehoop het terwyl toeters blaas, het ’n enkele, geel lig veraf geflikker. Dit was al beskikbare taxi in die hele Champs-Élysées, vasgekeer in verkeer meer as 450 m daarvandaa­n. Hulle sou dit nooit maak nie. En toe kry een van hulle, Travis Kalanick (34), wat sy studie aan die Universite­it van Kalifornië opgeskop het, ’n blink idee.

“Verbeel jou,” het hy aan sy kollega Garrett Camp gesê, “elke kar wat jy sien, word ’n taxi.” Gestel elke mens wat jy voor jou sien, word ’n taxibestuu­rder?

Travis het Uber uitgevind. Hy het nie net ’n nuwe taxidiens geskep nie. Die huisverban­d-ineenstort­ing het die wêreld se ekonomie in 2008 in ongekende skuld gedompel, in dieselfde tyd toe die iPhone en mobiele toestelle die wêreld “bevry” het om op ’n splinternu­we manier te werk. Toe lone en groei tot stilstand kom, het Uber nie bloot die ekonomie “ontwrig” nie; dit het die toekoms herskep. Ons was nou almal ons eie baas met ’n mobiele toestel; elkeen het na ’n eenmenskor­porasie gestreef.

Terselfder­tyd het twee woonstelma­ats in San Francisco, Brian Chesky en Joe Gabbia, gesukkel om hul woonstelhu­ur te betaal. Hulle het net twee slaapkamer­s gehad en daar was dus nie nog ’n kamer om te verhuur nie. Toe kry Brian ’n idee: “Hoekom nie die sitkamer ’n bed-en-ontbytplek maak nie?”

Hulle het hul “Airbed & Breakfast” geadvertee­r op ’n webtuiste vir ’n eersdaagse ontwerpkon­ferensie in die stad en het dadelik drie mense gehad wat belangstel. Airbnb is gebore. Nes Uber was Airbnb ’n kopskuif in die definisie van iets se waarde. Uber het arbeidswaa­rde herdefinie­er; Airbnb het vir

jou gesê om weer te dink oor die ruimte waarin jy jou bevind en ’n diepgaande vraag gevra: Wat is die ware waarde van enige fisieke ruimte en hoe kan dié waarde ontgin word? Hoekom kan ’n huis nie ’n hotel wees en omgekeerd nie? Albei sakemodell­e daag ons uit om iets te vind wat nie omskep kan word in ’n verkoopbar­e produk nie. ’n Vloedgolf werk-apps doen reeds dieselfde met jou tyd. Kyk ’n bietjie na die kwartier oor middagete wat jy kan afknyp. ’n App, TaskRabbit, pas vryskut-arbeid by die vraag na onder meer hondestapp­ers, pizza-afleweraar­s en mense wat kan toustaan vir byvoorbeel­d die nuwe iPhone.

Jou baas op kantoor is net van nege tot vyf jou baas. Kom ons sê jy kort iemand om vanaand jou droogskoon­maak-items te gaan haal. Jy meld aan by ’n webtuiste waar jy mense per uur vir dié takie kan betaal, en jou baas, wat ekstra geld wil maak, gaan haal die items. Dan is jy ’n uur sy baas.

Net een ding is seker in hierdie nuwe wêreld: Jy is jou eie baas, want ons is elkeen ’n eenmenskor­porasie.

Wat is die waarde van enige ruimte en hoe kan dit ontgin word?

 ??  ??
 ??  ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT DONE: THE SECRET DEALS THAT ARE CHANGING OUR WORLD DEUR JACQUES PERETTI (HODDER & STOUGHTON, R249 BY TAKEALOT. COM) DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT DONE: THE SECRET DEALS THAT ARE CHANGING OUR WORLD DEUR JACQUES PERETTI (HODDER & STOUGHTON, R249 BY TAKEALOT. COM) DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa