Huisgenoot

BETAAL SONDER PYN

-

Wanneer ons met kontant betaal, flikker die brein se neurale bane soos Kersboomli­ggies. Dit is die terugdeins­oomblik wat ons ervaar wanneer ons hande gedwing word om van die geld afstand te doen, het die Serwiese sielkundig­e Drazen Prelec vasgestel. Dan sê die brein vir die hand om nie te laat los nie. ’n Mens is verskeur tussen die drang na die voorwerp wat jy koop en die drang om die neurale pyn te vermy. Dié innerlike stryd maak dat jy terugdeins.

Om kontant in die hand te hê is nie, soos mense dalk dink, ’n vrypas om onverantwo­ordelik te bestee nie. Kontant het eintlik die teenoorges­telde uitwerking: Dit verhoed dat jy geld wil uitgee.

Om dus ’n betaalstel­sel te skep wat van kontant ontslae raak, raak ook van die neurale pyn – die terugdeins­oomblik – ontslae en maak die brein vatbaar vir ongebreide­lde besteding. En dis presies wat twee mans in 1998 besluit het om te doen.

Die enkodering­sgenie Max Levchin en die finansiële kenner Peter Thiel het met die uitvinding van PayPal ’n manier gekry om geld met die internet te maak. Hulle het in 2000 ’n entreprene­ur raakgeloop wat die betekenis verstaan het van Drazen se werk oor die neurale pyn van betaling: Elon Musk.

Hy het hul visie ingesien. As hulle veilig g gekodeerde betaling kon regkry, het Elon gesê, het hulle die sleutel tot die koninkryk van ongebreide­lde besteding. Maar om m dit aan die verbruiker te verkoop as ’n ma- nier om die neurale pyn te verwyder, moes hulle iets baie belangriks doen: die verbruiker belowe die betaling sou oombliklik wees, “net ’n klik ver”.

Drazen se navorsing was kontant se doodskoot. Kontant, sê hy, hou ons sterk in toom om binne ons vermoë te bestee.

“Wil jy weet hoe uit voeling ons is met ons besteding?” sê hy vir my toe ons mekaar ontmoet. “Probeer ’n week lank net kontant gebruik. Koop alles daarmee. Betaal jou verband daarmee. Beskou $1 000 (sowat R12 000) as ’n hoop geld. Jy sal geld nooit weer dieselfde hanteer nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa