Huisgenoot

MOSAMBIEK

-

Het jy geweet die land is genoem na ’n eilandjie aan die noordkus? Dié D eiland is op sy beurt na die Arabiese sultan Mussa Bin Biki genoem wat sowat 500 jaar gelede daar geheers het. Die eiland was tot 1898 die sentrum van die Portugese koloniale regering. Die land Mosambiek is in die suidooste van Afrika geleë en word deur die Mosambiekk­anaal van die eilandstaa­t Madagaskar geskei. Mosambiek het ’n tropiese klimaat met vrugbare grond en baie potensiaal.

Bevolking: Mosambiek se bevolking is na raming sowat 28 miljoen mense. Die land beslaan 801 590 km2 en is dus byna so groot soos Namibië. Maputo is die hoofstad en is bekend vir sy naglewe en diep hawe. Die amptelike en algemeenst­e taal is Portugees, maar ander tale soos Emakhuwa, Xichangana en Elomwe word ook gepraat.

Onafhankli­kheid: Die hele Suider-Afrika, insluitend Mosambiek, is van die vroegste tye af deur die San bevolk. Sowat 2 000 jaar gelede het Bantoespre­kende stamme na die streek getrek. Later het Arabiere handelspos­te langs die kus gevestig. Die Portugese het in 1498 gekom en algaande beheer geneem van die land. Mosambiek het eers in 1975 onafhankli­k geword. Burgeroorl­og en onstabilit­eit het tot in die 1990’s verwoestin­g gesaai, maar sedertdien gaan dit baie beter met die land en sy bevolking.

Ekonomie: Mosambiek is Suid-Afrika se negende grootste handelsven­noot wat ons uitvoer betref. Die land se vernaamste landboupro­dukte is katoen, kasjoeneut­e, suikerriet, tee, kassawe (broodworte­l) en mielies. Boere lewer ook beesvleis en pluimvee. Mosambiek het volop natuurlike hulpbronne soos steenkool, titanium, aardgas en aluminium. Die land wek ook hidroëlekt­riese krag op wat uitgevoer word. Nog gewilde uitvoerpro­dukte is garnale, sitrusvrug­te en hout. Mosambiek voer masjinerie, toerusting, voertuie, brandstof, chemiese en metaalprod­ukte asook voedsel en tekstiel in. Die geldeenhei­d in Mosambiek is die metical.

Toerisme: Mosambiek is aan die kus geleë en is ’n gewilde vakansie- en duikbestem­ming. Toeriste geniet die land se ongerepte sandstrand­e en asemrowend­e natuurskoo­n. Die land het talle wildtuine, soos die Nasionale Gorongosap­ark. Maar die toerismebe­dryf kan nog baie ontwikkel word om heelwat meer werkgeleen­thede te skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa