Huisgenoot

NUUS Briewe

Julle het met raad en woorde van ondersteun­ing gereageer op die Pretoriane­r Lawrence Heineman se pleidooi om hulp met sy gewigsprob­leem

-

Een gesonde ete op ’n slag; een dag op

’n slag. Begin met klein veranderin­gs. Sny stysel en suiker uit. Begin stap as jy kan. Drink baie water. Dit verg geduld. RENDA KING

Die etery is emosio

neel. ’n Sielkundig­e moet jou help om jou pyn te verstaan en te verlig. Die hospitaal of ’n algemene praktisyn kan jou ’n afspraak help reël. MAGGIE BREEDT RIPSOLD

Ek het sonder hulp

60 kg verloor. Maar ek moes eers besef ek is self verantwoor­delik vir my gesondheid en keuses. Niemand behalwe jy kan jou regruk nie. BELINDA BELLA

Drink soggens op

jou nugter maag ’n glas warm water met 1 t heuning en een suurlemoen se sap of 2 e organiese suurlemoen­sap. MAE VOLSCHENK SCHONKEN

2 Kate en Wills verwelkom hul derde kind, Louis Arthur Charles

Baie geluk aan die koninklike paartjie met hul derde baba. Dit is net jammer dat Diana nie in William en Kate se blydskap kan deel nie. Sy sou nou al die ouma van drie gewees het. BELINDA NEYSCHENS Ag, Kate en William is vir my so ’n pragtige paartjie. Ek glo Kate sal nog net so gewild soos Diana word. Sy het so ’n pragtige glimlag. Baie geluk met die nuwe baba. LYNETTE MUNZ VAN DER MERWE

3 Restaurant­baas deel inligting van klant wat nie kanselleer nie aanlyn

Ek kry daagliks bespreking­s vir groepe wat net wegbly of nie laat weet hulle is laat nie. Ek gee die tafels ná ’n kwartier weg. Kom die groep dan wel, het hulle ’n houding aan hulle. MARIE VENTER Om nie ’n afspraak te kanselleer as jy dit nie kan nakom nie, is te algemeen. Dis slegte maniere om ander se tyd so te mors, om nie te praat van die verlies aan inkomste nie. TJITSKE SCHOUWSTRA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa