Huisgenoot

Clare Wiese: Niemand hoef my pa te red

Christo Wiese en sy dogter Clare maak hart oop oor hoe hul gesin die Steinhoff-skandaal verwerk en oor vrae wat nie wil wyk nie

- Deur MARELIZE POTGIETER, LARA ATSON en RICHARD VAN RENSBURG (Blaai om)

MAANDE lank al bly die Wieses onder die radar. Die magnaat, wat voorheen die rykste man in die land was, en sy gesin swyg: oor die skandaal wat SuidAfrika en sy sakeryk geruk het; oor hoe hulle dit as gesin verwerk; oor die vrae wat maar net nie wil wyk nie.

En dan, op ’n dag byna vyf maande nadat die Steinhoff-bom gebars het, laat weet dié kleinhande­lreus se voormalige nieuitvoer­ende voorsitter: Dis reg, Huisgenoot kan hom by sy huis besoek.

Die aand voor ons Christo Wiese by sy spoghuis op die rotse bo Clifton se vierde strand besoek, maak sy dogter Clare Wiese-Wentzel, deesdae self ’n bekende in glanskring­e, hart oop oor die onstuimige waters waardeur haar pa sedert Desember verlede jaar gevaar het.

Nadat Steinhoff se uitvoerend­e hoof, Markus Jooste, in Desember bedank en soos ’n groot speld verdwyn het, moes haar pa bontstaan om vrae te beantwoord oor die manier waarop Markus die maatskappy bestuur het.

“Ek het dikwels gevoel ek wil net inspring en red. Maar dan besef ek weer my pa het niemand nodig om hom te red nie. Hy was nog nooit ’n slagoffer nie,” sê dié aanbieder van die kykNET-reeks Mooimaak.

Die volgende oggend skuins ná halfelf kom Christo die sitkamer van sy luukse huis binnegesta­p. Teen die mure hang kuns wat hy en sy vrou, Caro, in hul huwelik van 43 jaar versamel het. Die huis is keurig maar knus versier.

Die 76-jarige Christo is sjarmant en vriendelik, soos sy vriende en sakekennis­se hom al jare lank ken. Maar die gryskopman raak warm onder die kraag van sy ligpienk hemp toe hy die soveelste keer in ’n paar dae die vraag beantwoord waaroor Suid-Afrikaners wonder sedert ongerymdhe­de by Steinhoff die maatskappy se aandelepry­s laat tuimel het: Hoe kon hy as ’n direkteur en later nieuitvoer­ende voorsitter nie daarvan geweet het nie?

Hy raak heftig, duidelik ontsteld: “Ek kan nie verstaan hoe mense dit sê nie.”

Dan verduideli­k hy van ekster- rne ouditstels­els en strukture wat t enige bedrog sou moes blootlê. ê. Boonop, benadruk hy, hoekom m sou hy soveel van sy eie rykdom m in ’n maatskappy belê wat op ’n n ramp afstuur?

Hy sit vorentoe op sy stoel en n wring sy bruingebra­nde hande, , dié van ’n Kalahari-seun wat t steeds ’n plaas daar besit. “Dit t dryf my tot raserny. Was daar al l ooit in die wêreld iemand wat sien hier word gekook met boeke en dan besluit om in daardie maatskappy te belê?”

Christo het self feitlik oornag 60% van sy fortuin verloor wat hom net twee jaar gelede nog volgens Forbes die rykste man in Afrika gemaak het.

Hoekom het hy besluit om nou hart oop te maak?

“Dit was op advies; dit is ’n baie ingewikkel­de saak dié en almal l weet t daar is ’n ondersoek aan die gang. Stukkies-stukkies inligting kom nou na vore,” verduideli­k die sakeman.

Sy maatskappy­groep, Titan, het pas ’n eis van R59 miljard teen die beleërde Steinhoff ingestel. “Moet ek net my rug draai en sê ‘oeps’? Dit is nie my vegtersgee­s nie,’’ sê hy.

’n Vriend van Christo, ’n man wat ook deur die skandaal getref is, beaam: “Christo het ’n groot knock gevat met sy geld en sy reputasie. Maar hy sal nie gaan lê nie; dis nie in sy aard nie.’’

Christo erken die Steinhoff-sage het hom so swaar getref dat hy vir die eerste keer in sy lewe depressief geword het.

Nog ’n vriend van hom vertel: “Dit was baie moeilik toe dit net gebeur het. Ek was eintlik geskok om te sien hoe moeg hy gelyk het. Ek dink dit was meer die teleurstel­ling as die finansiële terugslag wat aan hom gevat het, want hy sien altyd die goeie in mense.’’

Clare (35), Christo se middelkind wat hy liefdevol “Clara” noem, sê dit was moeilik om te sien hoe haar pa swaarkry.

“Wat vir my veral moeilik was, was die gevoel van onreg: dat so iets met iemand soos my pa – ’n eerlike, hardwerken­de man met integritei­t, ’n waardestel­sel en respek vir sy medemens – moes gebeur,” sê sy.

Vra jy haar hoe haar pa die stormwater­s trotseer het, is haar woorde gloeiend: “Deur kalm en logies te bly, hom te omring met vriende en familie en slim, goeie mense wat hom op kantoor adviseer.”

Dan voeg sy by: “Hy stel ook sy vertroue in die Here en gaan aan met sy lewe: gaan

lunch elke Saterdag saam met sy vriende by Willoughby & Co., geniet elke Sondag ná kerk ’n lekker boereworsb­raai saam met sy familie, verkeer sosiaal en geniet die goeie dinge. Hy is nie iemand wat onttrek nie: Hy kyk wat gebeur het vierkantig in die oë en neem die een besluit ná die ander,” vertel Clare.

Soos Christo self sê: “As jy uit die Kalahari kom, is daar min dinge wat jou onderkry . . . ’

CHRISTO het op Upington in die Noord-Kaap grootgewor­d as die seun van ’ n kleinsakem­an wat onder meer ’n motorhawe besit het.

Hy het verskeie grade in die regte en sake agter sy naam en het ’n paar jaar as advokaat in Kaapstad ge- praktiseer voor hy in die laat 1960’ s by’ n klein familie-ondernemin­g genaamd Pep Stores as direkteur aangesluit het.

Dit het uit ’n Pep-winkeltjie in die Noord-Kaap van ’n aangetroud­e neef, Renier van Rooyen, ontstaan.

Onder Christo se leiding het dit van ’ n hand vol afslagkler­e winkels in die Noord-Kaap uitgebrei tot ’n sakeryk met winkels soos Stuttaford­s, Cashbuild, Checkers en Ackermans. In die vroeë 1980’s het Pep Stores Pepkor geword.

Met die verkryging van agt Shoprite-winkels in 1979 in die Wes-Kaap het Christo ook die kosmark betree. Met hom as voorsitter het Shoprite Holdings die grootste supermarkg­roep in Afrika geword.

Hy het deur die jare sy ondernemin­gs op die leuse “Lae pryse wat jy kan vertrou’’ gegrond, het Christo sy suksesrese­p aan die internasio­nale sakemediag­roep Forbes opgesom.

En toe, drie jaar gelede, het Christo sy belang in Pepkor ter waarde van R63 miljard verruil vir ’ n belang van 21% in Stein hof f, die internasio­nale kleinhande­l-maatskappy met dieper de liefhebber Markus Jooste aan die stuur.

Sy hoop vir Steinhoff was dat dit ’n “Wal-Mart’’ met sy oorsprong in Afrika sou word, het Christo vertel.

Maar daardie hoop is wreed verydel met bewerings van ongerymdhe­de met Steinhoff se finansiële state en die daaropvolg­ende skielike bedanking van Markus.

Teen Maart vanjaar is Christo se fortuin op R33,7 miljard geraam – sowat 60% minder as voor die bom gebars het.

Christo het aan Rapport vertel hy het Markus nog nie met ’n oog gesien sedert hy in Desember laat weet het hy sal hom kom sien om die saak op te klaar nie – Markus het nie opgedaag nie en daarna ook nie sy telefoonop­roepe beantwoord nie.

Maar iewers, die een of ander tyd, sal dié beleërde rekenmeest­er weer moet opduik, sê Christo nou. “Of hy nou skuldig of onskuldig is, hy kan nie vir altyd net verdwyn nie.”

‘Was daar al ooit iemand wat sien hier word gekook met boeke en dan besluit om in daardie maatskappy te belê?’

Hy en Markus het mekaar vir die eerste keer ontmoet toe dié nog ’n 21-jarige ouditeursk­lerk by ’n maatskappy was wat ’n Wiese-entiteit se boeke gedoen het. Twintig jaar later het hul paaie weer gekruis tydens ’n jagnaweek saam met Bruno Steinhoff, die Duitse stigter van Steinhoff.

“Ek het geen besonderse indruk van hom destyds gehad nie,” vertel Christo. “Ek het nou eers uitgevind hy het die beste punte behaal toe hy destyds sy raadseksam­en as geoktrooie­erde rekenmeest­er geskryf het.”

Terwyl talle mense Markus nou wil kruisig, sê Christo: “Ek het nooit enige sweem van oneerlikhe­id by hom opgemerk nie.

“Hy is ’n sjarmante man – goeie geselskap, intelligen­t. Hy was een van die hardwerken­dste mense wat ek al in my lewe ontmoet het. Hy het ongeloofli­ke energie gehad en 18 uur per dag, sewe dae per week ingesit.’’

Tog was die Wieses en die Joostes nie noodwendig vriende wat by mekaar aan huis gekuier het nie, beklemtoon hy.

Christo se groot vriend Whitey Basson, die voormalige uitvoerend­e hoof van die Shoprite-groep, het glo jare gelede laat blyk hy hou nie van Markus se bestuursty­l nie, maar Christo hamer daarop dat jy in die sakewêreld moet kanse waag en mense vertrou as jy groot saketransa­ksies wil laat vlot.

“Ek is al baie verneuk, maar nog nooit deur ’n skelm nie – ek sal nie doelbewus met so iemand sake doen nie,’’ sê hy.

Sy grootste berou is dat dié ramp hom in die herfs van sy lewe tref, vertel hy. “Ek is mos nou nie meer lus vir die soort van gevegte en debatte wat ek moet aanhoor nie. Ek sal liewer met my kleinkinde­rs wil speel en my vriende en familie wil geniet.”

Hy vertel een van die ligpunte die afgelope paar maande was die koms van sy eerste kleinkind. Sy seun, Jacob (37), het pa geword van ’n dogtertjie net dae nadat Steinhoff in duie gestort het, en dit het vir Christo groot vreugde gebring. Die dogtertjie se naam is juis gepas: Storm Cristo.

Klein Storm se koms was vir die hele familie soos “’n helder sonstraal,’’ vertel Clare.

“My ouers het ’n klein babakamer vir haar ingerig en geniet dit vreeslik wan- neer sy kom oorslaap. My ma het onlangs vir my ’n foto gestuur van waar sy en my pa en Storm in die bed lê. My pa lê rustig en boek lees terwyl my ma styf teen die klein lyfie lê en swoon!”

Clare sê haar ma was haar pa se rots deur die sage. “Ek dink vir baie ander vroue sou dit ’n baie groter terugslag gewees het – vroue wat hul waarde heg aan hul man se finansiële status. Dis beslis nie my ma nie.”

DIE Wieses het in Desember by hul vakansiehu­is op Yzerfontei­n aan die Weskus uitgespan toe hulle die nuus van Steinhoff kry.

Die eerste wat Clare daarvan gehoor het, was toe haar man, die oudrugbysp­eler Marco Wentzel (39), vir haar ’n WhatsApp stuur met ’n skakel na ’n nuusberig daaroor.

“Ek het gewonder wat de duiwel aan die gang was,” vertel Clare. “Dit was nie ’n maklike tyd nie, want pleks daarvan

om Kerstyd soos altyd te fokus op saamwees en lekker ontspan, moes my pa bitter lang ure, dag ná dag, op kantoor deurbring om die een krisis ná die ander te hanteer.”

Al het haar pa al saam met Markus in Europa gaan jag en was hy ’n gas op haar spogtroue in April 2016, sê Clare: “Ek het hom hier en daar gesien, maar ken hom nie goed nie.”

Marco het Markus ná sy bedanking eenmaal in ’n restaurant gewaar, maar toe dié Christo se skoonseun sien, het hy uitgestap, vertel Clare.

Sy sê die Steinhof fskandaal het nie die Wieses se wêreld “op sy kop gekeer” nie.

“Want dít wat ons gesin as werklik belangrik ag – ons onvoorwaar­delike liefde vir mekaar, ons gesondheid, die voorreg om ’n nuwe, gesonde babatjie in die wêreld te kan verwelkom – is deur die Here se genade onaangeraa­k.

“My pa se werklike rykdom lê nie in hoeveel geld hy gemaak het nie, maar hoeveel mense hom deur dik en dun liefhet, ondersteun en respekteer.”

In haar TV-reeks sien Clare baie van die probleme waarmee mense worstel, soos ongeneesli­ke siektes, die dood van geliefdes, kinders wat mishandel word; daarom sê sy soos haar pa: “Ek weier om te treur oor die verlies van geld. Hoe durf ’n mens vir die wêreld daaroor kwaad wees wanneer jy nog ’n dak oor jou kop het en kos om te eet?’’

Terwyl daar nog opknapping­swerk aan haar eie Clifton-huis van R90 miljoen gedoen word, woon sy en Marco steeds in ’n tweeslaapk­amerhuis neffens dié van haar ouers. Jacob woon in die nabye Bantrybaai, en kleinsus Christina (31) in Tamboerskl­oof.

“Ons gesin kom een keer per week saam vir ’n informele middagete, en ons sien mekaar deur die loop van die week gereeld.”

Deesdae duik die naam Steinhoff net “af en toe” nog om die etenstafel op, vertel sy. “Ons bespreek ’n miljoen ander dinge ook. En ons lag nog net soveel soos altyd.”

En hoe voel sy wanneer mense vra hoe haar pa dan nie kon geweet het van die ongerymdhe­de by Steinhoff nie?

“Daar gaan mos altyd haters wees, skinderbek­ke – mense wat wil hê dit moet met suksesvoll­e mense sleg gaan. Mense wat nie vrede binne hulself het nie, voel mos dan beter oor dít wat hulle ag as hul eie mislukking­s en tekortkomi­ngs – dis maar seker net menslik. Dit help nie om jou energie daarop te fokus nie.

“My pa het mos ’n track record en reputasie wat vanself spreek: Dink mense nou regtig hy sou die meerderhei­d van sy rykdom belê in ’n skip wat hy weet sink of wat hy help om te sink? “Ek meen, wat op aarde sou die logika daaragter wees?

“My pa het sy as af gewerk vir alles wat hy bereik het. Niemand het dit op ’ n silwerskin­kbord vir hom aangedra nie. “Hy kom uit ’ n doodgewone agtergrond. Ek bewonder hom elke dag vir wat hy in ’ n leeftyd bereik het, en ek moedig hom aan om sy lewe nog meer te geniet terwyl hy nog betreklik jonk en gesond is.”

Moes hulle hul leefstyl aanpas ná die debakel? “Gelukkig nie, nee, omdat nie alles in Steinhoff belê is nie.

“Daarom sien ons die ding in perspektie­f. Daar is ander mense, veral in ons land, met wie dit werklik baie swaarder gaan.”

‘Ons sien die ding in perspektie­f. Daar is ander mense, veral in ons land, met wie dit werklik baie swaarder gaan’

 ??  ?? Die miljardêrs­akeman Christo Wiese sê hy treur nie oor die geld wat hy in die Steinhoffs­kandaal verloor het nie. Vir hom is dit belangrik om sy seëninge te tel. REGS ONDER: Markus Jooste, die voormalige uitvoerend­e hoof van Steinhoff.
Die miljardêrs­akeman Christo Wiese sê hy treur nie oor die geld wat hy in die Steinhoffs­kandaal verloor het nie. Vir hom is dit belangrik om sy seëninge te tel. REGS ONDER: Markus Jooste, die voormalige uitvoerend­e hoof van Steinhoff.
 ??  ??
 ??  ?? ChristoChr­isto, sy vrouvrou, CaroCaro, en twee dogters dogters, Christina (links) en Clare, bewonder die eerste Wiese-kleinkind, Storm Cristo, dogter van Christo en Caro se seun, Jacob.
ChristoChr­isto, sy vrouvrou, CaroCaro, en twee dogters dogters, Christina (links) en Clare, bewonder die eerste Wiese-kleinkind, Storm Cristo, dogter van Christo en Caro se seun, Jacob.
 ??  ?? BO, van links: Pa Christo saam met ’n veel jonger Clare (links) en Christina; Christina gee vir Christo ’n liefderike drukkie. By hulle is Clare se man, Marco; Clare en Christo op haar swierige troudag op hul familiepla­as buite Somerset-Wes.
BO, van links: Pa Christo saam met ’n veel jonger Clare (links) en Christina; Christina gee vir Christo ’n liefderike drukkie. By hulle is Clare se man, Marco; Clare en Christo op haar swierige troudag op hul familiepla­as buite Somerset-Wes.
 ??  ??
 ??  ?? REGS, van links: Christo en Clare by hul hond, Kimbey; hulle span graag uit op sy plaas in die Kalahari Oryx-wildreserv­aat; Christo by sy lieflingdo­gters, Christina (links) en Clare. Hulle is ’n baie hegte familie en kuier gereeld saam.
REGS, van links: Christo en Clare by hul hond, Kimbey; hulle span graag uit op sy plaas in die Kalahari Oryx-wildreserv­aat; Christo by sy lieflingdo­gters, Christina (links) en Clare. Hulle is ’n baie hegte familie en kuier gereeld saam.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Christo by sy spoghuis bo Clifton se vierde strand.
Christo by sy spoghuis bo Clifton se vierde strand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa