Huisgenoot

G'n trane vir pa wat ma, homself skiet

-

Oor haar oorlede pa stort sy nie ’n traan nie – hy het haar en haar ma immers jare lank mishandel voor die tragedie wat die land geruk het Deur JOANIE BERGH

VYF maande ná die verskrikli­ke dag waarop albei haar ouers gesterf het, skiet Anke Pieterse se blou oë steeds vol trane toe sy oor die tragedie praat wat hier op Worcester in die WesKaap afgespeel het. Dis trane van hartseer oor haar ma wat uit haar lewe geruk is – maar oor haar pa se dood stort sy geen traan nie.

Hy was die man wat hul lewe hel gemaak het; die man wat haar en haar ma gereeld met die vuis potblou geslaan het.

En toe ’n uitkoms eindelik wink, was dit te laat . . .

Net 20 dae nadat Anke se ma, Sariana Smit (50), haar man, Jaco (52), ná ’ n huwelik van 26 jaar verlaat het, het Jaco haar op ’ n Maandagmid­dag in haar bakkie in die middedorp voorgekeer en haar in die kop geskiet. Die koeël het haar skedel versplinte­r en sy is daardie aand in die hospitaal breindood verklaar.

Teen daardie tyd het Jaco homself reeds om die lewe gebring, ook met ’n skoot deur die kop.

“My ma was my pa se besitting. As hy haar nie kon kry nie, wou hy seker maak sy gaan nêrens heen nie,” sê Anke (24) oor die gebeure van 20 November verlede jaar wat skokgolwe oor die land heen gestuur het. Dit was net enkele dae voor die begin van die jaarlikse bewusmakin­gsveldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

As kind is Anke self deur haar pa mishandel, en as tiener het sy haar ma verwyt omdat sy haar nie teen haar pa beskerm het nie. Vandag, sê sy, besef sy hoe bang die saggeaarde Sariana vir haar gewelddadi­ge man was.

Sy verwyt nou haarself oor haar ma se dood, sê Anke. “Dalk kon ek haar vroeër van my pa weggekry het. Of dalk moes ek daarop aangedring het dat die polisie my pa se vier vuurwapens van hom wegvat.”

Sy sluk die trane weg. Dan sê sy saggies: “Elke dag dink ek daar moes iets gewees het wat ek kon doen om te keer dat my pa my ma vermoor.”

ONS ontmoet die donkerkopv­rou, nou self ’ n ma, in ’ n koffierest­aurant op Worcester, ’n skilderagt­ige dorp in die Kaapse wynlande omring deur berge en wingerde. Hier het Anke as enigste kind grootgewor­d, maar die prentjie wat sy van haar jeugjare skets, is in skrille teenstelli­ng met die natuurskoo­n van die omgewing.

“Voor ek sewe geword het, kan ek ’n paar kere onthou wat my pa my met ’n vullissak probeer versmoor of my probeer verwurg het,” vertel sy van die verskrikli­ke trauma.

“Hy het eenkeer my klere van my lyf afgeruk en my met ’n besemstok geslaan. Wanneer ek nie my huiswerk verstaan het nie, het hy my geslaan tot hy gedink het dis genoeg.

“Op hoërskool was dinge so erg ek het vir die eerste keer om hulp gevra. Ek het ’n maatskapli­ke werker by die skool vertel en die merke aan my lyf vir haar gewys. Net daarna het sy my pa gebel. Hy het haar so gemanipule­er ek het nooit weer van haar gehoor nie. En toe het die houe net erger geword.

“My pa het my ma net so baie geslaan. Wanneer sy gesê het sy gaan hom los, het hy óf belowe hy sal ons nooit weer seermaak nie óf gedreig hy gaan gif drink.”

Maar kort daarna het die mishandeli­ng bloot voortgegaa­n.

Jaco het Sariana soms so erg geslaan sy kon nie die volgende dag na haar werk

by ’n paletverva­ardiger gaan nie.

Anke was 16 toe sy die polisie na hul huis ontbied omdat sy dit nie meer kon verduur nie. Sy is tydelik in ’n familielid se sorg geplaas, maar ’n week later teruggestu­ur huis toe.

“Daarna het hy ons nie weer geslaan nie, maar die emosionele aftakeling het erger geword. Wanneer hy gedrink het, het hy by sy pelle gespog my ma het geen grimering nodig nie, hy gee sommer vir haar ’n blouoog,” vertel Anke.

’n Week ná haar matriekeks­amen in 2012 het sy haar tasse gepak, haar ouerhuis verlaat en saam met haar kêrel, Christiaan Pieterse (toe 20), na Barrydale, sowat 130 km daarvandaa­n, getrek.

Hulle is verlede September getroud. Anke doen administra­tiewe werk by die munisipali­teit, en Christiaan (nou 26) elektriese werk op omliggende plase. Hulle is die ouers van ’n tweejarige dogtertjie, Liané.

“Ek wou nooit trou nie,” sê Anke en lag vir die eerste keer. “Ek het gesien hoe my ma in die huwelik my pa se besitting word, en ek wou nooit so vasgevang soos sy voel nie. Maar Christiaan het gesê hy wil met my trou en het belowe hy sal my die vryheid gee wat ek nodig het.”

Haar ma was die laaste 20 dae van haar lewe op haar gelukkigst­e, sê Anke. Met Sariana se 50ste verjaardag op 1 November 2017 het sy oor haar lewe besin en besluit om haar man te verlaat. Anke het haar aangemoedi­g om dit te doen en haar genooi om by haar en Christiaan op Barrydale te kom bly.

Sariana het die oggend ’n paar kledingstu­kke in die sak van haar skootreken­aar weggesteek en dit uit die huis gesmokkel. Gewoonlik het Jaco haar soggens by die werk gaan aflaai, maar daardie dag het Sariana hom oortuig sy wil self met hul bakkie werk toe ry.

Sy het nooit weer teruggegaa­n huis toe nie, maar in ’n woonstel buite die dorp gaan bly. Sy het met ’n skeisaak begin en ’n interdik teen Jaco gekry. Anke het al met haar pa kontak verbreek toe sy uit haar ouerhuis getrek het.

Nadat Sariana Jaco verlaat het, het vriende Anke laat weet haar pa wil hul motor leen. Op die dag van die moord het die vriende eindelik ingestem.

Beeldmater­iaal van sekerheids­kameras wys Sariana is aan die begin van haar etensuur om 12:00 by haar werk weg. Teen 12: 30 het sy in die bakkie in Stockenstr­omstraat in die middedorp gery toe Jaco in die geleende motor haar van die pad probeer afdwing.

Toe sy stop, hou hy langs haar stil en klim uit met ’n sak waaronder hy ’n geweer versteek het.

Kringtelev­isiebeelde wys ’n verkeersbe­ampte het toe ook stilgehou en Jaco gewaarsku hy mag nie in die middel van die pad staan nie.

Jaco het hom geïgnoreer, na Sariana se bakkie gestap en by die venster oorgeleun.

Die beeldmater­iaal wys hoe hy sowat drie minute deur die venster met Sariana praat. “En dan rig hy die geweer op haar en skiet haar in die kop,” sê Anke en laat haar kop in haar hande sak.

“My pa het toe in die kar teruggekli­m en net weggery.”

Jaco het na die NG kerk WorcesterN­oord sowat 2 km daarvandaa­n gery, waar hy glo by ’n predikant berading ontvang het sedert sy vrou hom verlaat het. Agter die kerk het hy hom in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood.

Anke was al bekommerd oor haar ma, want Sariana het haar nie soos gewoonlik in haar etensuur gebel nie.

“Net voor eenuur bel Christiaan my en sê my pa het my ma geskiet. Ek was geskok en het die foon laat val en begin skree. Ek stuur toe vir my pa ’n SMS en sê ek is op pad na hom om hom te kry. Maar kort daarna bel Christiaan weer en sê my pa het homself ook doodgeskie­t.”

So bitter is Anke teenoor haar pa dat sy die meeste foto’s van hom weggegooi het. “Mense kyk in my pa se selfdood vas, maar hulle vergeet hy het ’n moord gepleeg,” sê sy. Sy glo hy het die moord op haar ma vooraf beplan.

Vir vroue wat dieselfde hel as haar oorlede ma deurmaak, wil sy sê: “As jy in ’n verhouding is waar jy of jou kinders mishandel word, kom daaruit. Want al sê hulle (sulke mans) wat, hulle sal nooit verander nie. En dinge kan so gou lelik skeefloop . . .”

 ??  ??
 ??  ?? Stockenstr­omstraat op Worcester. Dit is hier waar Jaco vir Sariana van die pad gedwing en haar in die kop geskiet het.
Stockenstr­omstraat op Worcester. Dit is hier waar Jaco vir Sariana van die pad gedwing en haar in die kop geskiet het.
 ??  ?? BO: Anke saam met haar ma, Sariana, en dogtertjie, Liané, op haar troudag op 14 September 2017.
BO: Anke saam met haar ma, Sariana, en dogtertjie, Liané, op haar troudag op 14 September 2017.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa